Twee vas ná brand by vulstasie

'n Petroltenkwa het op 27 Maart by die Umvoti Shell Ultra City op die N2 in KwaZulu-Natal aan die brand geslaan Foto: Netcare 911

‘n Petroltenkwa het op 27 Maart by die Umvoti Shell Ultra City op die N2 in KwaZulu-Natal aan die brand geslaan Foto: Netcare 911

Twee persone sal binnekort in die KwaDukuza-landdroshof verskyn in verband met ʼn brand Sondag by die Shell Ultra City-vulstasie op die N2 in KwaZulu-Natal.

Volgens die polisie staan die twee persone tereg op aanklag van poging tot diefstal, opsetlike saakbeskadiging en brandstigting nadat ʼn brand by dié vulstasie naby die Mvoti-tolplaza uitgebreek het en drie vragmotors uitgebrand het.

“Die brand het omstreeks 11:30 by die vulstasie uitgebreek,” het lt. Nzobile Gwala, woordvoerder van die polisie, gesê. “Drie vragmotors het aan die brand geslaan en verskeie ontploffings kon gehoor word toe gasbottels ook ontplof het.”

Volgens Gwala het ʼn nabygeleë huis ook brandskade opgedoen.

“Twee verdagtes, onderskeidelik 45 en 56 jaar oud, is in hegtenis geneem,” het hy bygevoeg. “Volgens die ondersoek is drie vragmotors parkeer met ʼn doel om diesel te steel. Daar was vermoedelik ʼn vonk by die kragopwekker wat gebruik is om die diesel mee uit te pomp, en die brand het ontstaan.”

Geen beserings is aangemeld nie.

Lees alle vorige berigte oor Umvoti op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.