Twee vas na diefstal van miljoene

ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

Twee verdagtes wat aangekeer is in verband met die diefstal van miljoene rande uit ʼn kluis in die Pretoria-kantoor van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA), het Vrydag in die hof verskyn.

Die twee verdagtes het glo R50 miljoen se buitelandse valuta uit die kluis gesteel.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê “dié twee sal waarskynlik eers Maandag vir borgtog aansoek doen”.

Die verdagtes is vasgetrek nadat die polisie beeldmateriaal van kringtelevisiekameras uitgereik het. “Die ondersoek na die rooftog is in ʼn gevorderde stadium,” het Mulaudzi gesê.

Die diefstal het vermoedelik op 26 Desember plaasgevind, maar is eers die volgende dag ontdek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bruno Stef ·

En dit is maar net die Tip van die Ysberg daar is meer betrokke in die selfde Departement.

alida ·

Natuurlik is dit ‘n “inside job” hoe dan nou anders !!!!

Frederik ·

Staatsveiligheidsagentskap !?? En ‘n inbraak in hul eie kantore word eers ‘n dag later ontdek. Ek verkies om liewer vir my eie veiligheid verantwoordelik te wees.

vermeende ·

En daar gaan al die staat se omkoop geld en nou kan die staat se agente ook nie hulle beriggewers betaal nie.
lekker man lekker !

Johan Fourie ·

Mooi man en waar is die R50mijoen seker al reeds land uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.