Twee jong mans is in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn 11-jarige seun wat Dinsdag deur ʼn dwaalkoeël getref is in Kraaifontein in die Wes-Kaap.
Die masjiene wat Duran Visagie aan die lewe gehou het, is ʼn dag later afgeskakel na hy breindood verklaar is.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê lede van die teenbende-eenheid het Vrydag inligting opgevolg en twee verdagtes in hegtenis geneem. Die verdagtes, 17 en 18 jaar oud, sal Maandag in die Blue Downs-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Nadat die polisie die verdagtes ondervra het rakende die moordwapen is hulle na ʼn huis in Scottsdene. Een van die verdagtes se meisie woon hier en daar is op ʼn 9 mm-pistool en ammunisie beslag gelê wat onder ʼn houthuis gevind is.
ʼn 19-jarige vrou is in hegtenis geneem vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en sal binnekort in die hof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Waar us BLM, waar is EFF . Waar is Vroueliga en waar is die MRK en geen betogers nie
O ja dit was in Krasiftn en nie Ekdorado nie.
Dus, bendelede, hou julle julleself nou besig met dít: die doodskiet van pragtige, jong, onskuldige kinders. Oor en oor. Is dit wat jy in die lewe wil bereik?