Lt.Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê die agt rowers het rondom 20:00 op die vulstasie toegesak en kontant geëis. Hulle het met ʼn onbekende hoeveelheid geld en sigarette probeer vlug. “Die eienaar het onmiddellik die polisie en die bure van die roof in kennis gestel, wat die rowers op die toneel gekonfronteer het,” het Ledwaba gesê.
Skote is afgevuur en die polisie kon daarin slaan om twee van die verdagtes aan te keer. Die ander ses het egter in ʼn silwer Mercedes-Benz sonder nommerplate op die vlug geslaan.
Die twee verdagtes sal binnekort in die Roedtan-landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof.
Ledwaba het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om ao. Makgitle Lehlaleroa by 082 414 1832 te kontak.