Twee vas ná gewapende roof by Limpopo-vulstasie

Argieffoto

Argieffoto

Twee verdagtes is aangekeer nadat ʼn vulstasie in Roedtan in Limpopo Dinsdagaand deur agt gewapende rowers geteiken is.

Lt.Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê die agt rowers het rondom 20:00 op die vulstasie toegesak en kontant geëis. Hulle het met ʼn onbekende hoeveelheid geld en sigarette probeer vlug. “Die eienaar het onmiddellik die polisie en die bure van die roof in kennis gestel, wat die rowers op die toneel gekonfronteer het,” het Ledwaba gesê.

Skote is afgevuur en die polisie kon daarin slaan om twee van die verdagtes aan te keer. Die ander ses het egter in ʼn silwer Mercedes-Benz sonder nommerplate op die vlug geslaan.

Die twee verdagtes sal binnekort in die Roedtan-landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof.

Ledwaba het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om ao. Makgitle Lehlaleroa by 082 414 1832 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.