Twee vas ná Groblersdal-plaasaanval

[OPVOLG] Kobus Hildebrandt, ondervoorsitter van die landelike veiligheidsgroep in Groblersdal, asook verskeie ander bronne het aan Maroela Media gesê bewerings deur die polisie dat die boer tydens die aanval geskiet is, is nie waar nie. Lees die opvolgberig hier.

Foto: SAPD/Facebook

Twee verdagtes is Sondag in hegtenis geneem nadat ʼn boer tydens ʼn aanval op ʼn plaas in die Groblersdal-gebied in Limpopo dood is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê agt verdagtes het omstreeks 11:30 op die Kameeldoring-plaas toegeslaan. Volgens Ngoepe het die 64-jarige boer by die huis aangekom en die agt aanvallers in die motorhuis aangetref.

Ngoepe het vroeëre bewerings dat die boer aan ʼn hartaanval gesterf het, ontken. Hy het gesê die boer is tydens die aanval doodgeskiet, terwyl sy seun aangerand is. Die aanvallers het ʼn aantal vuurwapens en ʼn voertuig geroof voordat hulle op die vlug geslaan het.

Die polisie het vinnig gereageer en die voertuig is later verlate in die omgewing gevind. “Twee verdagtes, onderskeidelik 25 en 31 jaar oud, is met behulp van die plaaslike buurtwag en boere in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê. Daar is tydens die inhegtenisneming op twee pistole beslag gelê. Nog ses aanvallers is steeds op vrye voet.

Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 of Crime Stop by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
jacques

Nou wonder ek aangesien dit uitdruklik genoem is dat WIT mans paartjie by Kfc aangerand het,kan julle nie maar net se dat 2 SWART mans inhegtenis geneem is nie of word dit net genoem as jy wit is?

Hasie

Wat is die aanvallers se name?

Melanie

Net een vraag wanneer gaan die ministers van polisie optree teen plaas moorde en dit ‘n priority maak.Hoeveel van ons boere gaan nog moet onnodig stern . Help ons boere gemeenskap genoeg is genoeg minister van polisie!!!!

007

Was die boer blank en aanvallers nie-blank?

Catryn

Selfbeskikking – soewereine onafhanklikheid – is ons enigste opsie op die stadium. Ons moenie onsself dinge wysmaak dit gaan verander met swart bemagtiging en grondhervorming nie, inteendeel gaan dit vererger. Steun volle onafhanklikheid, waar ons ons eie gebied sal he en ook ons eie beskerming en veiligheidsnetwerke in plek. Tyd dat die boere wat so “ongewapen” aangaan en hulle vuurwapens wegbere in ‘n kluis, niks bereik as hulle dit nie gebruik soos en wanneer nodig nie. Ons boere WEET hulle kom in bendegroepe en swaar gewapen, en wat steel hulle? vuurwapens… Hoekom is ons eie mense so houtgerus, terwyl boere… Lees meer »