Twee vas ná Groblersdal-plaasaanval

[OPVOLG] Kobus Hildebrandt, ondervoorsitter van die landelike veiligheidsgroep in Groblersdal, asook verskeie ander bronne het aan Maroela Media gesê bewerings deur die polisie dat die boer tydens die aanval geskiet is, is nie waar nie. Lees die opvolgberig hier.

Foto: SAPD/Facebook

Twee verdagtes is Sondag in hegtenis geneem nadat ʼn boer tydens ʼn aanval op ʼn plaas in die Groblersdal-gebied in Limpopo dood is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê agt verdagtes het omstreeks 11:30 op die Kameeldoring-plaas toegeslaan. Volgens Ngoepe het die 64-jarige boer by die huis aangekom en die agt aanvallers in die motorhuis aangetref.

Ngoepe het vroeëre bewerings dat die boer aan ʼn hartaanval gesterf het, ontken. Hy het gesê die boer is tydens die aanval doodgeskiet, terwyl sy seun aangerand is. Die aanvallers het ʼn aantal vuurwapens en ʼn voertuig geroof voordat hulle op die vlug geslaan het.

Die polisie het vinnig gereageer en die voertuig is later verlate in die omgewing gevind. “Twee verdagtes, onderskeidelik 25 en 31 jaar oud, is met behulp van die plaaslike buurtwag en boere in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê. Daar is tydens die inhegtenisneming op twee pistole beslag gelê. Nog ses aanvallers is steeds op vrye voet.

Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 of Crime Stop by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

jacques ·

Nou wonder ek aangesien dit uitdruklik genoem is dat WIT mans paartjie by Kfc aangerand het,kan julle nie maar net se dat 2 SWART mans inhegtenis geneem is nie of word dit net genoem as jy wit is?

Ashlee ·

Het dieselfde vraag gevra op n ander berig, maar dit was nie geplaas.

Ronell ·

Hoekom word die moord wat 10000keer erger is as kfc, nie as rassisme bestempel nie? Die misdaad is tog oor die kleurgrens !

Melanie ·

Net een vraag wanneer gaan die ministers van polisie optree teen plaas moorde en dit ‘n priority maak.Hoeveel van ons boere gaan nog moet onnodig stern . Help ons boere gemeenskap genoeg is genoeg minister van polisie!!!!

Catryn ·

Selfbeskikking – soewereine onafhanklikheid – is ons enigste opsie op die stadium. Ons moenie onsself dinge wysmaak dit gaan verander met swart bemagtiging en grondhervorming nie, inteendeel gaan dit vererger. Steun volle onafhanklikheid, waar ons ons eie gebied sal he en ook ons eie beskerming en veiligheidsnetwerke in plek. Tyd dat die boere wat so “ongewapen” aangaan en hulle vuurwapens wegbere in ‘n kluis, niks bereik as hulle dit nie gebruik soos en wanneer nodig nie. Ons boere WEET hulle kom in bendegroepe en swaar gewapen, en wat steel hulle? vuurwapens… Hoekom is ons eie mense so houtgerus, terwyl boere en blankes eenvoudig doodgeskiet word – iemand gee die opdragte dat die versorgers uit die weg geruim moet word om grond te bekom. Sterkte aan familie en vriende. Wees altyd paraat.

Hendrik May ·

Hulle sal ons nooit n onafhanklike staat gee nie want hulle weet hulle sal kripeer diekant as ons nie hier bly nie

Chrisjan ·

Catryn,as ons blankes almal in ‘n selfbeskikingsgebied gaan woon,dink net hoe maklik dit vir die anc sal wees om ALLE toegangs paaie te blokkeer.Dan kan niks van buite af in nie en niks kan uit nie.Hoe lank kan ons in so’ situasie oorleef?Dis nie ‘n praktiese oplossing vir ons blankes nie.

Chrisjan ·

Catryn,as ons blankes almal in ‘n selfbeskikingsgebied gaan woon,dink net hoe maklik dit vir die anc sal wees om ALLE toegangs paaie te blokkeer.Dan kan niks van buite af in nie en niks kan uit nie.Hoe lank kan ons in so’ situasie oorleef?Dis nie ‘n praktiese oplossing vir ons blankes nie.Ons sal ons eie ondergang bewerkstellig.

Bietjie bietjie ·

Chrisjan
Sluit so bietjie vd see in dan is dit nie so maklik .
Catryn het ñ plan !
Wat is joune ?

Kobus ·

Ja, dit is ‘n blanke boer wat vermoor is deur 8 swart moordenaars. Ken hom, was saam op skool, maar wil nie nou sy naam noem nie want ek mag dalk een of ander wet oortree.

Dries du Toit ·

Ja, die boer was blank en een vd decentste witmans wat ek bevoorreg was om te ken . Logika sê vir my sy moordenaars was swart. Sterkte vir jou Meisie

LK ·

Ja Dries, hy was verseker een van die ordentlikste. Hy sal gemis word deur ons almal. Dit was verseker ‘n voorreg om hom te kon ken.

Sousie ·

Hierdie berig is glad nie reg nie. Oom Herman is oorlede aan ‘n hartaanval en is nie geskiet nie.

Sousie ·

Ek wil ook net byvoeg dat sy hartaanval as gevolg van die plaasaanval was. Hy is oor die kop geslaan en het daarna die hartaanval gehad.

Gatvol ·

Wittes,( nie net boere), julle moet planne begin regkry om mekaar oral te help

Vryheid ·

Chrisjan wat stel jy voor as ‘n praktiese oplossing vir ons blankes?

LK ·

Die boer is wel aan ‘n hartaanval oorlede, nie tydens die aanval. Hy is nie doodgeskiet nie, maar wel aangerand.

Tienie ·

Die koerante het te min spasie vir al hierdie fotos en name‼️

KK ·

Hoeveel nog!!!!!!! Jis mense hoeveel nog!!!! Dit is so wreed en onnodig!!

Selfbeskikking ·

Die enigste uitweg is om nou sterk te begin onderhandel vir selfbeskikking, dis al, glo my.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.