Twee vas ná gru-aanval op renosterbewaarplek

'n Renostertjie. Foto: Thula Thula Rhino Orphanage/Facebook

‘n Renostertjie. Foto: Thula Thula Rhino Orphanage/Facebook

Twee mans is in hegtenis geneem ná ʼn aanval op ʼn renosterbewaarplek in KwaZulu-Natal waartydens ʼn vrou verkrag en twee renostertjies geskiet en onthoring is.

Die voorval het Maandagaand by die Thula Thula-renosterbewaarplek plaasgevind. Volgens die polisie het sewe gewapende mans op die bewaarplek toegesak. Twee renostertjies is met ʼn panga onthoring en geskiet. Personeel en vrywilligers by die sentrum is aangehou en aangerand.

Karen Trendler, hoof by Thula Thula, het in ’n onderhoud met die bekroonde rolprentmaker Bonné de Bod gesê albei renostertjies moes van kant gemaak word weens die beserings wat hulle opgedoen het. “Een van die kalfies, Impi, het na ons toe gekom nadat sy ma gestroop is. Hy het ses dae lank by haar karkas gelê. Toe hy hier aankom het ek nog by myself gedink waardeur hy alles is en dat hy nou veilig is en dat so iets nooit weer sal gebeur nie.”

Twee mans is intussen naby Ermelo in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met die voorval. “Polisiebeamptes het ʼn verdagte bakkie opgemerk en voorgekeer. ʼn Jaggeweer en ammunisie is onder die enjinkap gevind en ʼn polisiesnuffelhond het positief gereageer op tekens van bedreigde en beskermde wild, maar ons kon niks verder in die bakkie vind nie,” het kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Prinsloo behoort die bakkie aan een van die verdagtes. “Hulle is onderskeidelik 33 en 36 jaar oud en is in hegtenis geneem aangesien hulle nie ʼn lisensie vir die jaggeweer en ammunisie het nie.” Die verdagtes is intussen na KwaZulu-Natal geneem om daar aangekla te word rakende die voorval by die renosterbewaarplek. Hulle sal ook later in Mpumalanga aangekla word rakende die vuurwapen en ammunisie.

Die soektog na die ander verdagtes gaan intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

tania ·

Ek wens ek kan nou presies se wat ek op hierdie oomblik voel toe hierdie berig lees, maar ongelukkig kan ek nie. Al wat ek kan se ek haat julle.Dit is so hartseer. Alles word net vernietig.

Jane ·

Dit breek absoluut my hart. Ek kan nie glo hoe wreed die misdadigers in SA geword het nie. AS hulle nie renosterkalfies afmaai en vermink nie, dan verkrag hulle die toesighouers of martel mense met ‘n blaasvlam. Min beskaafde lande se misdaad het so handuit geruk en neem daagliks net toe in plaas van af. Na al die pogings wat aangewend word om renosters te beskerm en geld wat bewillig is om hulle te bewaar, raak die aanvalle net meer en meer gewelddadig. Arme kalfie wat sy ma verloor het en nou ook met sy eie lewe moes boet agv mense se wreedaardigheid en GREED. Wonder of mense regtig dink diere en ander mense wie so gemartel en afgemaai word VOEL niks? Absoluut skokkend wat van ons mensdom geword het. Dan kla ons oor vloede en aardbewings en ander natuurrampe?

Hanna ·

Wonder maar net of die feit dat daar n vrou op die beplande misdaad perseel was as bloot n bonus beskou kan word vir hierdie kriminele, want nou kan hulle boonop verkrag ook… Siek!

KP ·

Ek wil weet kan Zuma nie aangekla word, nou of na sy termyn vir al hierdie wreedheid en slagting van diere en bevolking in hierdie land nie???????????? Hierdie land se misdaad is buite beheer en dit deur n man wat hom eerder toespits op selfvereiking en sy pelle.

slaap wakker ·

Wel met ‘n President wat ‘n hofbevel verontagsaam en toelaat dat al bashir die land verlaat wat onder andere aangekla word van genocide en war crimes en wil ontrek van die ICC dink ek nie is die mense van sy land hoog op die prioriteitslys nie, wat nou nog te sê van die diere. Ons is op ons eie……

ZENO ·

Zuma voel niks vir die land se mense nie, hy wil net sy sakke vul,ek wens hy wil padgee dat niemand weet waar hy is nie. Skandelik om `n so `n president in jou land te verdra!!!!

Theresa ·

Wreed en walglik – nes soveel ander moorde. Ja, haat is die woord vir hierdie tipe mense se gedrag.

Elaine ·

Dit gaan nooit ophou nie. Die vuiluil wat ons land regeer sit agteroor in n mooi kantoor basta met die res. Skiet die bl!ksems wat die diere so stroop. Hulle weet goed wame hul besig is. Begrawe die pesgoed lewendig jy gaan geen skuld gevoel he jyt nie n lewe geneem nie. Die liewe Vader hoor vandag die gebed in my hart om nie so mens oor my pad te stuur ek sal saam hom hel toe gaan

snoefie ·

soveel wreedheid teenoor mens en dier uit suiwer hebsug, is wraggies meer as wat my klein breintjie kan verwerk.

Ilse ·

Spreuke 12:10
Die regverdige sorg goed vir sy diere, maar die goddeloses is wreed.

toy ·

Ilse ek stem saam jou. Hul gaan eendag rekenskap moet gee hoekom het hulle dit gedoen. Miskien moet hulle vir di haaie gegooi word want die tronke raak net vol van sulke ewel van n mensdom.

M'Lady ·

Ek wil net weet of daar enige jag safaris is wat n bydrae sal maak om hierdie renoster bewaarplek se sekuriteit op te knap? Ek sien net hulle advertensies om renosters te kom jag teen astronomiese bedrae.

Jakes ·

Die wild bedryf is korup . Dit gaan by die sogenaamde wild bewaarders oor hoeveel geld hulle vir hoeveel afgemaaide diere kan kry. Hulle mentaliteit is dieselfde as die renoster, donkie, leeus en olifant moordenaars. Gee vir my die stropers hulle sal weer kan loop maar sal nie meer kan staan by ‘n toilet nie.

antjie ·

@ Jakes ja ek voel saam met jou behalwe dat n mens daai ouens se begerige oe ook moet uithaal……

Gatvol ·

Dis tyd om op te hou praat…en in die donker te begin beweeg…

Johan. H. ·

Die haat groei!!!!. Maar dis blykbaar wat hulle wil he. Dis sulke tye wat ek weer dink hoekom is ek liewer vir diere as sekere maense,,

Alida ·

Johan H, ek stem saam. Mens is liewer vir diere as vir sekere mense. Gelukkig is daar meer diereliefhebbers as haters. My haar teenoor hierdie mense ken geen perke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.