Twee vas ná gru-plaasaanval wat bejaarde eis

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die gru-plaasaaval op Victor (75) en Gwen (74) Cooks in Potchefstroom verlede maand.

Kapt. Mvula Chaka, woordvoerder van die polisie, het bevestig die twee verdagtes is verlede week vasgetrek nadat die polisie een van die selfone wat tydens die aanval gesteel is kon opspoor.

Abongile Hala (32) en Maclrelish Matlou (26) het reeds in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en huisroof. Hulle bly in aanhouding en moet weer op 16 Oktober in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Victor is op 3 September in die Trimed Frailcare-mediese sentrum in Drie Riviere dood.

Die egpaar is op 17 Augustus kaal uitgetrek, aangerand en met kookwater en warm olie gebrand tydens die aanval op hul kleinhoewe net buite Potchefstroom.

Twee selfone, ʼn rewolwer, ʼn diamant- en pêrelring en ongeveer R300 kontant is tydens die voorval gesteel.

Cyril Cooks, die egpaar se seun, het vroeër aan Maroela Media gesê sy pa het die oggend omstreeks 07:30 uit die huis gegaan om na die tarentale om te sien. “Hy was skaars 15 m van die hek af, toe een van die mans hom oorval. Ons vermoed in dié stadium hy was bewusteloos gewees. ʼn Ander man het by die huis ingehardloop en my ma in die kombuis oorval. Een van die mans het toe my pa by die huis ingesleep en hulle begin martel.”

Volgens Cooks het die aanvallers sy ouers ure lank gemartel en aangedring op kontant. Hy het gesê daar was egter geen kontant in die huis buiten ʼn paar honderd rand in sy pa se beursie nie.

“Hulle het water gekook, olie op die stoof warm gemaak en my pa daarmee gebrand. Hulle het onder meer die olie op sy gesig en rug uitgegiet, en dit het diep blase gebrand. Hulle het verder ook plastiek gesmelt en dit oor my ma se borste en maag gedrup sodat dit haar kon stukkend brand.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Tanya ·

Ek stem saam Hermien. Maar ek en jy ken altwee die antwoord op daardie vraag!

Leahim ·

Ek stem hulle was mos in die hof waar is die foto’s of geld dubbel standaarde hier.

FOTORAAM ·

KAAL UITGETREK EN MET KOOKWATER en kookolie en gesmelte plastiek VERBRAND – twee ou mense. Wil enigiemand nog vir my sê dit is net huisroof of gewone misdaad? Gaan apartheid weer die skuld kry? Ek voel so jammer vir die tannie wat dit alles saam met die oom moes deurmaak. My innige simpatie aan sy naasbestaandes met sy afsterwe. Ek glo as dit net oor geld/roof/huisraad gegaan het kon hulle werklik die twee oumense vasgebind het en die huis leeggesteel het, maar om mense KAAL uit te trek en te martel beteken jy het daar gekom met ‘n DOEL, om mense te verneder en te dood. Waar is fotos wat ons die wereld in kan stuur, met die mense se verbrande liggame EN met die name van die AANVALLERS en hulle gesigte langsaan asb? EK wil ook weet waar is die fotos Hermien.

Ettienne ·

Doodstraf! Of word hulle beskou as ‘mense’ met regte?

zack ·

Verneemde plaasaanvallers werk vir Polisie | Sauk.co.za Nuus info

Desire ·

Stem!!! Het laaankal so gese, want hoe weet hulle watter huise het kluise

Anoniem ·

Kan ons asb foto’s van die oom en tannie se beserings met foto’s van die moordenaars die wêreld instuur. Die Nederlandse yster is tans warm – smee hom!

Williew ·

Kom ons gaan nou ook en gaan betoog voor die hof met hulle volgende verskyning,met plakate en alles, kom, wie gaan saam?

Karin ·

Se net waar en wanneer ek maak n bus vol en kom betoog.
Maak net seker ons het genoeg baniere vir al die mense, Miskien moet ons ook n sleepwa vol klippe en buite bande om te brand saambring. Se Net, is jy in?

sarel Pretorius ·

Ek verstaan ons moet stilbly en ja en amen op alles!!! My broer is deur die boeties van die liberaliste vermoor, en jy mag nie haat nie? Die hele wereld word deur die liberalis en die rugraatlose beheer, en hulle beleid. As dood gemaak en gemartel word,bid vir die “broers” wat dit gedoen het. As jy dit nie doen nie is jy ‘n rassis!!! Die tyd is nie meer ver nie!

jeannine ·

is die minister ook bij die mense en sy familielede gewees soos hy gedoen het met die hollandse toeriste wat oorval is ek hoop hulle vertel hun storie in holland so die mense weet wat aangaan in die land waar ek groot geword is maar ja hier in Europa is alles tog so goed nou in SA na die apartheid laat hulle maar ‘n keer die buite verblijf van die hollandse koning ook oorval dan sal dit ander koek wees.ek is nie suid Afrikaanse nie ek is belgiese ons gaan reelmatig met vakantie na SA en ons sien dit elke keer verander daar in negatieve sin dink nie ek sal gou terug gaan nie skande ministers so al die onskuldige mense aan rand en vermoor trane in my oe en dit is mense wat werk vir hulle kos maar ja bepaalde weet nie met wat hulle besig is nie so jammer

Miela ·

Die insident met die Hollandse toeriste is bloot oë verblindery om die buiteland te laat glo dat SA “nie misdaad goedkeur nie” omdat dit dierekte buitelandse publisiteid geniet.

Alida ·

Mag ons liewe Hemelse Vader gee dat hulle die swaarste straf denkbaar kry. Mag nooit weer buite die tronk kom nie.

Nita ·

Almal skree rassisme as n witte net skeeftrap. Maar hierdie soort optrede is niks anders as rassisme nie. Nee, eintlik rassehaat!!!Dis wat hierdie plaasmoorde en martelings is. Ver verby rassisme.

Leahim ·

Die wêreld gee nie om behalwe vir President Trump sal die wêreld nie n vinger verroer nie want dit sou nie polities korrek wees nie ons sal onsself moet help deur belasting boikotte net soos met Spur net op n groter slimmer skaal.

Eben ·

Maroela die is teleurstellende nuus! Hou onas eerder op hoogte van n belasting boikot.

Andrea ·

Gaan die van ons wat kan opruk na die hofgebou toe die 16 de Oktober?

Leahim ·

Dit is n baie goeie idee dit moet net goed beplan word ons het ongelukkig nie so baie mense wat sit en niks doen nie maar met n goeie organiseerder kan dit werk ….
AFRIFORUM GEE DIE LEIDING EN ORGANISERING …EK IS IN

Hugo Diedericks ·

Stel jou voor die aanvallers was wit en die slagoffers nie wit nie, dan was die berig op die voorblad vir maande, kommissies van ondersoek sal geloods word, marse sou gereel gewees het, oproer sou gevolg het, is ek verkeerd? Ek glo nie my kommentaar sal geplaas word nie, want mos nou nie PC om die vraag te vra nie.

Amanda Grobbelaar ·

Liewe vriende, is hierdie berig in Engels beskikbaar asseblief? Ons “Member of Parliament” is besig om met een van ons Ministers in Australia te praat oor wat in Suid-Afrika aangaan, maar hierdie wreedaardigheid word nie in Engelse media gedek nie. Ons verskprei hierdie inligting so ver as wat ons kan, maar die Afrikaans maak dit moeilik om te help met bewusmaking in die buiteland. Ek weet ons taal is kosbaar. Ons is reeds van so baie beroof, maar dit sal werklik help as ons hierdie in Engels ook kan versprei. Ons gebede is met almal. Alle seenwense, Amanda Grobbelaar

Melanie ·

Jammer vir die ou mense wat deur die ongevoelige,gewetenlose,moordenaars aangeval en vermoor is.Hulle het een doel en dit is om temartel en dood temaak,die wreedheid daaraan wys nog hoe hulle (nie almal is so)die blankes haat.Roof is nie die motief nie,as jy roof maak jy nie iemand met soveel geweld dood nie.Daar steek meer agter die plaasmoorde soms wonder ek of daar nie meer agter die moorde sit as wat ons dink.

Tony ·

Dit is tyd dat ons opstaan teen die goddelose geweld. Ek gaan die 16e my stem verhef voor die hof geboue.

Williew ·

EK is ernstig mense,kom ons gaan hof toe,met baniere en wat ons kan gebruik,vreedsame betoging,staan in stilte en demonstreer ons misnoe met ‘n MISLUKTE stelsel….
Belasting boikot KAN NIE werk nie,dit is onwettig.
Kom ons gaan hof toe,ek WIL….

Williew ·

Eis die swaarste vonnis,eis GEEN BORGTOG, eis ONMIDDELIKE AKSIE…
Kom ons gaan hof toe,vir een keer kom ons demonstreer ons misnoe met hierdie situasie

Johan ·

Die van Zyls se hofsaak in Lebowakgomo is vandag. Daar het 12 boere opgedaag. Ons kan nie saamstaan.Hulle is vermoor naby Potgietersrus.

madels ·

Ek dank my God vandag dat hierdie twee bose duiwelse aanvallers gevang is. Ons God slaap nie. Al hoe meer en meer sien ek hoe die Here ons boere begin beskerm. Ons moet dit nie vergeet nie. Ek bid dat al skiet die booswigte die boere, dat daar “supernatural” beskerming oor hulle sal wees en dat die booswigte NIE meer sal kan wegkom nie.

Attie ·

Oor n week hoor jy weer hulle het uit polisie selle ontsnap

Tannie Susan ·

Kan ek julle ‘n WAARHEID vandag vertel? van ons vriende woon in Ottawa, Kanada en kom van SA af. As hulle diè skrikwekkende waarhede van moorde op boere en hul gesinne òf weerlose oumense vertel, dan GLO hulle dit NIE. Die wêreld wil dit nie weet nie.

Theresa ·

Tannie Susan, moenie ophou vertel nie. Laat Maroela Media vir jul printouts stuur van al die moorde. WYS dit dan vir hulle. Dan kan hul ook nagmerries daaroor hê soos ons hier in sonnige Suid-Afrika.

Beswaarde Outoppie ·

Ek stem saam met Leahim, Anoniem en Amanda hierbo, vertaal asseblief in Engels, pos fotos van die moordenaars en por Afriforum en Solidariteit aan om die saak aan te vat. En ook sommer Benson by Brits se saak ook.
Ek het kontakte in VSA, Kanada, UK en Australia aan wie ek ‘n Engelse vertaling graag wil stuur. die hele wereld moet van sulke wrede aanvalle hoor !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.