“Metropolisiebeamptes het omstreeks 17:00 by die N17-brug naby die N1 suid-afrit gesit,” het insp. Edna Mamonyane, woordvoerder van die metropolisie, gesê.
“’n Wit Mercedes-Benz het aangery gekom en die insittendes het op die beamptes losgebrand.” Volgens Mamonyane het die beamptes in hul motor gespring en die Mercedes agternagesit.
“Die SAPD en die metropolisie kon daarin slaag om die rowers by die sirkel by die N17 en Nasrec vas te keer. Die rowers het voortgegaan om op die beamptes te skiet. Twee van die verdagtes is aangekeer,” het Mamonyane gesê.
Die ander twee insittendes van die Mercedes kon daarin slaag om te ontsnap.
Mmmmm klink of hulle in die parlement welkom sal wees!!!!
Toemaar volgende week is hulle weer vry en doen dit maar net weer,weet nie hoekom polisie hulle nie sommer permanent verwyder van die samelewing nie.
Nog een! Doen my goed om hierdie tipe berigte te lees! Wys die gemors wie is baas in hierdie land!
Waarom het die beamptes net daar gesit? Maar dis hoe ons die metropolisie ken, sit net en speel op hulle selfone in spitstyd. Miskien wou die manne hulle net bietjie wakker skiet !
Die beamptes was op beurtkrag