Twee vas ná hulle glo tweede keer Pta-winkel beroof

Argieffoto

Twee verdagtes moet binnekort in die Pretoriase landdroshof verskyn nadat hulle glo dieselfde supermark twee keer beroof het.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het gesê die twee mans is uiteindelik Vrydagaand in Diepsloot hegtenis geneem in verband met twee sakerooftogte in drie maande by dieselfde supermark in Erasmia, Centurion.

“Die twee verdagtes het na bewering twee keer op dieselfde supermark toegeslaan. Die eerste rooftog was in November 2016 en die tweede een in Januarie vanjaar. Hulle het voertuie gehuur om in die rooftogte te gebruik,” het Selepe gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof. Meer aanklagte gaan na verwagting teen die verdagtes aanhangig gemaak word en meer inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johnny Bravo ·

Shame man hulle was seker net honger en het seker nie te veel skade aangerig nie, laat hulle gaan .. dalk kies hulle hierdie keer ‘n ander supermark.

marous ·

Stem saam , dalk word hulle dors en besoek ‘n drankwinkel….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.