Twee vas na hulle glo vrou ontvoer, verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vrou buite ʼn nagklub in Claremont in Kaapstad ontvoer en verkrag het.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans is Saterdagoggend in hegtenis geneem nadat ʼn taxibestuurder glo die voorval aanskou het en die polisie in kennis gestel het.

Verkeer- en polisiebeamptes het die mans se silwer VW Polo Vivo in Crawford gevind en die 20-jarige vrou gered.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in Kaapstad, het gesê die vrou is agter in die motor gevind. Volgens Smith het die vrou bedwelm voorgekom en is sy na die Victoria-hospitaal geneem waar daar vasgestel is dat sy verkrag is.

Die twee mans sal na verwagting Dinsdag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Stem 100% saam. Die gemeenskap moet sommer intree want die regering is te slapgat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.