Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans is Saterdagoggend in hegtenis geneem nadat ʼn taxibestuurder glo die voorval aanskou het en die polisie in kennis gestel het.
Verkeer- en polisiebeamptes het die mans se silwer VW Polo Vivo in Crawford gevind en die 20-jarige vrou gered.
JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in Kaapstad, het gesê die vrou is agter in die motor gevind. Volgens Smith het die vrou bedwelm voorgekom en is sy na die Victoria-hospitaal geneem waar daar vasgestel is dat sy verkrag is.
Die twee mans sal na verwagting Dinsdag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering en verkragting.
Sny die twee mans se water af.
Ek stem! Sny die water en sommer die ligte ook af
Stem 100% saam. Die gemeenskap moet sommer intree want die regering is te slapgat.