Twee vas na hulle koei, ambulans steel

koeiTwee nefies het in ʼn hof in Limpopo verskyn nadat hulle glo ʼn koei en ʼn ambulans, wat hulle as wegkomvoertuig gebruik het, gesteel het.

“Blade Olifant (26) en Kgothatso Olifant (27) het glo die koei gesteel en dit agterin ʼn ambulans in Mahwelereng gelaai,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die ambulans behoort aan ʼn privaat maatskappy en is baie duidelik gemerk. Die twee was klaarblyklik salig onbewus dat die ambulans maklik herkenbaar is.”

Lede van die gemeenskap het die polisie gekontak en ʼn padblokkade is vinnig opgestel waar die twee mans voorgekeer en in hegtenis geneem is. “Hulle het moontlik gedink hulle sou nie voorgekeer word met ʼn loeiende sirene nie,” het hy bygevoeg.

Die polisie het die lewendige koei in die ambulans gevind en ʼn paar bottels bier.

Die twee neefs is vrygelaat op ʼn waarskuwing en hulle moet weer op 15 Januarie in die Mahwelereng-landdroshof verskyn.

Die koei se eienaar het haar uitgeken nadat sy onder die sorg van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging geplaas is.

“Soms maak die misdadigers dit amper te maklik vir die polisie,” het Mulaudzi gesê. “Die twee het die basiese reël vir enige skelm oortree: moenie enigiets agterlaat wat jou kan identifiseer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

adrian ·

Nou ja die 2 steel n ambulans en n koei dit is skade van honderde duisende rande en hulle word gelos om later in die hof te verskyn. Misdaad word nie deur die betrokke polisie ernstig opgeneem nie. Daar gaan niks van die saak word nie die polisie op diens kon seker nie skryf nie. Idiote

Jan ·

Koei met ‘n paar bottels bier….. klink na my eks vrou! LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.