Twee vas ná hulle probeer kaap

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee mans is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van poging tot kaping en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Sondag omstreeks 21:30 plaasgevind. “Polisiebeamptes van die Kwanobuhle-polisie, ao. Jacobus Wyatt en konst. Wayne Menezes, was besig met roetine-patrollies en het onmiddellik reageer nadat twee gewapende verdagtes ʼn gemeenskapslid se VW Polo probeer kaap het.”

Volgens Swart het die polisiebeamptes die verdagtes agternagesit en vasgetrek. Daar is op ʼn 9 mm-vuurwapen en ammunisie beslag gelê. Die verdagtes, 32 en 56 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Kwanobuhle-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot kaping en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.