Twee vas ná inbraak by laerskool

Rekenaars en grassnyers is in Maart gedurende die inbraak gesteel. (Foto: SAPD)

Twee verdagtes sou na verwagting Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met ’n inbraak by ’n laerskool op Umzimkhulu in KwaZulu-Natal vroeër vanjaar.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê twee verdagtes, onderskeidelik 21 en 23 jaar oud, is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die inbraak wat in Maart aangemeld is.

Gwala sê die klaer in die saak beweer dat al die vensters en deure van die betrokke laerskool op 26 Maart toe en gesluit was toe sy omstreeks 13:00 daar weg is.

Die klaer het die volgende dag na die skool teruggekeer en besef dat by die skoolgebou ingebreek is. Altesaam drie rekenaars, grassnyers en ander goedere is gesteel.

Gwala sê die polisie het gister inligting opgevolg en die verdagtes met van die gesteelde goedere in hul besit in die omgewing van Nyaka betrap.

Meer inhegtenisnemings word verwag namate die ondersoek ontvou.

Rekenaars en grassnyers is in Maart gedurende die inbraak gesteel. (Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.