Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die kaping het omstreeks 16:00 op die hoek van Gwigwi Mrwebi- en Gerard Sekotostraat in Newtown gebeur. Vier verdagtes het die bestuurderdeur van die man (41) se Toyota Etios oopgeruk en ʼn vuurwapen op hom gerig.
Die verdagtes het hom en sy dogter beveel om uit die motor te klim, voor een verdagte in die motor geklim en weggejaag het. Die ander drie verdagtes het in ʼn swart Mercedes Benz gevlug.
Die man kon daarin slaag om die registrasienommer van die Mercedes af te neem en die motor is kort daarna in Hillbrow opgemerk met twee verdagtes daarin. Die verdagtes is in hegtenis geneem en die Etios is kort daarna in Jeppestown opgespoor.
Die verdagtes sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
GREAT!! Hou so aan – so word hulle drade geknip, een vir een!!!