Twee vas ná kaping van pa en dogter

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee verdagtes is Maandag in Hillbrow, Johannesburg, vasgetrek enkele ure nadat hulle glo ʼn motor met ʼn man en sy 12-jarige dogter daarin gekaap het.

Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die kaping het omstreeks 16:00 op die hoek van Gwigwi Mrwebi- en Gerard Sekotostraat in Newtown gebeur. Vier verdagtes het die bestuurderdeur van die man (41) se Toyota Etios oopgeruk en ʼn vuurwapen op hom gerig.

Die verdagtes het hom en sy dogter beveel om uit die motor te klim, voor een verdagte in die motor geklim en weggejaag het. Die ander drie verdagtes het in ʼn swart Mercedes Benz gevlug.

Die man kon daarin slaag om die registrasienommer van die Mercedes af te neem en die motor is kort daarna in Hillbrow opgemerk met twee verdagtes daarin. Die verdagtes is in hegtenis geneem en die Etios is kort daarna in Jeppestown opgespoor.

Die verdagtes sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

GREAT!! Hou so aan – so word hulle drade geknip, een vir een!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.