Twee vas na kitsbankontploffing

Foto: Die Valke

Foto: Die Valke

Twee verdagtes is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem ná ʼn mislukte kitsbankrooftog in Mitchells Plein buite Kaapstad.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê agt verdagtes het Donderdagoggend op ʼn plaaslike winkelsentrum toegesak en die kitsbank genader met ploftoestelle. Die veiligheidswagte aan diens het die verdagtes probeer voorkeer en die verdagtes het op hulle geskiet.

“Die verdagtes het daarna die ploftoestelle op die kitsbank geplaas en dit het ontplof. Die kluis het egter nie oopgegaan nie en die verdagtes het met leë hande van die toneel gevlug,” het Ramovha gesê.

Foto: Die Valke

Foto: Die Valke

Kort daarna het plaaslike polisiebeamptes twee verdagtes in Lentegeur opgemerk en hulle voorgekeer. Die beamptes het hulle deursoek en ontstekingskoorde in hul besit gevind. Die twee is op die plek in hegtenis geneem.

Ramovha het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 24 en 38 jaar oud, sal binnekort in die Mitchells Plein-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Irene ·

Dit is erg soos hulle aan gaan wonder wie se familie us hulle

Ben Prinsloo ·

Wie is verantwoordelik vir hierdie tipe rooftogte, boere, blankes, die DA, mense wat vir solidariteit werk? Ek vra hierdie vrae want gewapende rowe en geweldsmisdaad soos plaasaanvalle en moorde lees ek in die meeste gevalle net van “verdagtes” Hoekom?

Johann Marx ·

Geld trek met jou kaart? Moenie simpel wees nie. DIT….is die Afrika manier. As jy geld nodig kry…..C4….

Peter ·

Ben, daar word van “verdagtes” gepraat, want as ras genoem word in ‘n kriminele oortreding – behalwe blank – kom dit neer op rassisme. Aldus sekere groepe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.