Twee vas na Lephalale-plaasmoord

plaas-noordwes

Argieffoto: Johni Edwards

Die polisie het twee verdagtes ingeneem vir ondervraging nadat Hendrik Pieter Pieterse (57) Maandag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Lephalale-distrik (Ellisras) in Limpopo vermoor is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn onbekende aantal aanvallers het Pieterse in sy huis op sy plaas, Fourieskloof, oorval. “Hulle het hom met ʼn swaar voorwerp aangerand en van die toneel gevlug in sy wit Isuzu-bakkie, met die nommerplaat BYZ 077 L,” het hy gesê.

Verskeie items is uit die huis gesteel, insluitend ʼn kluis. Mojapelo het gesê dit is nog nie duidelik wat in die kluis was nie.

Pieterse se skoonseun het vanoggend op hom afgekom en met hom na die hospitaal gejaag. Hulle het op pad na die hospitaal die ambulans langs die pad gekry, maar Pieterse is dood voordat hy by die hospitaal kon uitkom.

ʼn Soektog na die verdagtes is van stapel gestuur en twee verdagtes is in die Shongwane-gebied aangekeer. Volgens Mojapelo is van die gesteelde items in hul besit gevind.

Nog inhegtenisnemings word verwag.

Pieterse se plaas is naby die jagplaas geleë waar Poem Lamprecht (89) op 29 Oktober verlede jaar dood is, nadat hy met ʼn staalvoorwerp aangerand en geskop is. Poem het langs sy vrou, Kotie, gesterf voordat hulle hulp kon ontbied. Kotie is ook tydens die aanval aangerand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Penellope Jones ·

Dit KAN nie langer so aangaan nie!!!
Dit kan doodeenvoudig nie.

w ·

Nog n blanke deel van statistiek. dit gan nooit ophou. Mense moet hulself swaar bewapen en as iets roer skiet en gooi dooies in dreingat. ?

Ekke ·

I rest my case!! As ons nie plan sien nie! Kan ons maar oppak en waai!! Niks gaan rowers en moordenaars stop nie!! regering sal nie help nie want hulle deel in die winste!

Eugene ·

Kyk net moet asb. die program Grensoorlog stop dit is histories. Wat van n nuwe program Volksmoord 1994 tot 2017. Of is die omvang hiervan te groot om bloot te lé.Ek is seker hier is baie meer onskuldige mense vermoor as soldate wat gesterf het.

Martinet ·

Nee jammer. Ek is verkeerd. Piet Pieterse en sy stiefseun het hom gekry.

Mariné Lourens ·

Dagsê Martinet

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die provinsiale polisiewoordvoerder het aanvanklik die naam van die oorledene verkeerdelik aan die media deurgegee en kon eers pas die korrekte naam bevestig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Dabo ·

Dit is verskriklik .Die hoeveelste moord is dit al hierdie jaar ? Is daar iemand wat dalk vir ons die syfers kan bekendmaak ? As dit so aangaan sal 2017 bekendstaan as die moordjaar in die geskiedenis van ons land.. Die polisie kan in sommige gevalle met reg gekritiseer word. Ek wil tog my waardering uitspreek vir die polisielede wat met toewyding van hierdie moordenaars vastrek. Dankie ook vir hulle uit die gemeenskap wat inligting verskaf.. As al die bewyse en die goed wat in hulle besit gevind word die moordenaars op die toneel plaas, hoekom dan al die uitgerekte en duur hofsake ? Verhoor hulle spoedig en gee ‘n gepaste vonnis wat as afskikmiddel sal dien, Wat is die oplossing vir al die tragiese moorde ? Ek sien nie ‘n eenvoudige en maklike oplossing nie. Ek kan maar net bid dat die Here ‘n gesindheidsverandering in mense se harte sal bring sodat alle menselewens weer kosbaar geag sal word. En as ek bid, gaan ek vir die Here vra om by my te begin sodat my gesindheid ook sal verander want my eie gesindheid laat dikwels veels te wense oor veral as ek weer gelees het van ‘n sinnelose moord. Dit is my gebed dat ek eerder deel van die oplossing sal word as dat ek met ‘n verkeerde gesindheid deel van die probleem sal bly.

Pieterdp ·

In die gevalle is die dood straf net die regte ding. Sal sodoende ook dien as n afskrik middel.

Permanent ·

Ek stem saam, permanente verwydering van die oppervlakte van die aardbol.

Deon ·

Dit is baie naby aan die plaas waar Susan Kotze ook vermoor is so paar jaar gelede!

Omgee ·

Dit is op dieselfde plaas waar Susan Kotze op 5Januarie 2015 vermoor is. Ons harte gaan uit vir die familie van Piet.Mag God jul deur hierdie moelike tyd dra.

Moulie ·

Dit is haaglik.Die doodstraf moet ingestel word vir sulke moordenaars

Cobus ·

Dit is net vir my erg om te sien hoeveel keer dit gebeur en hoe maklik die misdadigers slaag. Dit lyk asof ons maklike teikens geword het. Slagoffers blyk ongewapen te wees en waar daar vuurwapens gebuit word, is dit uit kluise. Dit lyk asof geen weerstand gebied word nie. Mense blyk nie paraat genoeg te wees nie. Dit is nie so moeilik om ‘n lisensie vir ‘n selfverdedigings vuurwapen te kry nie!
Ek boer en is 24 uur per dag gewapen. As jy nie heeldag kan nie, wees ten minste na son-onder gewapen. Word wakker mense.

susan vorster ·

Ek stem saam mense. Piet Pieterse is familie van my en ons is baie geskok en hartseer. Ek woon in Pretoria en is n huisvrou maar oral in my huis is wapens vir selfverdediging geplaas. Selfs in my badkamer. Mense ons moet gereed wees.

Victorious ·

Maak ons grense toe en deporteer elke immigrant wat nie werk nie en net rondloop om te moor en te steel!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.