Twee vas ná Limpopo-plaasaanval

Louis en Ina Cloete (Foto: Christelle Aucamp, Twitter)

Twee verdagtes is Donderdag vasgetrek in verband met die moord op Louis en Ina Cloete Woensdag op hul plaas in die Levubu-omgewing in Limpopo.

Die bejaarde egpaar is Woensdagaand in hul plaashuis oorval, waarna hul huis aan die brand gesteek is. Die egpaar se verbrande liggame is later in die huis ontdek.

Volgens lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, is die twee verdagtes ná ’n grootskaalse soektog opgespoor. Daar is nog een verdagte op vrye voet.

Voorlopige ondersoeke wys die verdagtes het die egpaar se huis geplunder voordat hulle met verskeie items in die egpaar se bakkie probeer vlug het.

Die VF Plus het die aanval verdoem.

“Die brutaliteit waarmee plaasaanvalle en -moorde gepaard gaan dui daarop dat blote roof nie die motief in hierdie tipe misdaad is nie,” het Marcelle Maritz van die VF Plus in Limpopo gesê.

“Die oomblik wanneer die politieke wil ontstaan om landelike gebiede te beveilig en behoorlike strafmaatreëls in te stel, sal daar ʼn drastiese afname in plaasaanvalle en -moorde wees.”

Die VF Plus het opnuut ʼn beroep op gemeenskappe gedoen om paraat en voorbereid te wees en om hulself binne die wet op elke wyse moontlik te beskerm.

Maroela Media het vroeër berig ’n plaaslike buurtwaglid het rook in die lug naby die egpaar se plaas gesien. Hy het na die plaas gery en die huis in vlamme aangetref. Die egpaar se liggame is vasgebind in die huis gevind nadat die vlamme geblus is.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die polisie se goeie werk om die verdagtes vas te trek geloof.

Enigiemand met meer inligting oor waar die oorblywende verdagte hom kan bevind, kan die ondersoekbeampte, kapt. Mashudu Lesleu Muneri, by 082 469 1260 bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Misky ·

Watse gevaar kon die twee bejaardes, veral die brose ou tante inhou? Hoekom was dit nodig om te moor en dan boonop te brand ook nog? Spesiale plek in die hel vir die soort gemors!!!

Swerwer ·

Dit is tyd dat Kommando’s weer op die been gebring word en dat ons oud/veteraan soldate en soldoedies, ongeag ouderdom, wat kans sien, opgeroep word en weer soos destydse Kommando’s diens doen en operasioneel opereer.

Pieter J ·

Ek dink die boere moet ń tipe van kommandestelsel op die been bring deur dit as ń gewapende sekuriteits maatskappy te registreer. Almal wat deel daarvan is word dan as werknemers beskou van die maatskappy. Op hierdie manier is almal georganiseer en kan skedules bepaal word oor wie doen wat en wanneer. Almal kan dan ook in gemerkte voertuie ry wat dinge baie sal vergemaklik.

Manie ·

Die brutale wyse waarop plaasmense vermoor word is om vrees in te boesem, dis ‘n eeu oue taktiek wat sedert die primitiewe Afrika tyd toegepas word. Geen mens met ‘n siel sal so iets aan ‘n ander mens doen nie.

LD ·

Dankie Marcelle! Jy doen so baie vir ons gemeenskap in jou tuis dorp! Dis vreeslik om net te dink aan die laaste tydjie wat die 2 ou mensies saam gehad het, heel waarskynlik was hulle nog lewendig toe die brand gestig is! Dis onmenslik!!!!

Papsak ·

Ek stem bring kommandos terug kyk daai twee brose ou mensies wat nie sou leed aan doen nie mense kom ons staan op staan saam en help ons boere bring doodstraf terug ASB

marius ·

Die wiel sal draai vir hierdie gebroedsels en hul meesters wat agter dit sit .

Jurg ·

Hulle kan bly wees ek is nie daar nie dit is my familie wat hul vermoor het. Hoop net hul kry geen borgtog nie en sel se sleutel moet om ‘n leeu se nek gesit word

lodewyk ·

Kan jou wed dit is van Malema se Afrika maatjies en nie SA burgers ,hulle probeer dit nou stil hou om nie die opstande teen buitelandse onwettige insypelaars verder aantehids nie..Kom ons wag en kyk,maar mag die Familie sterk wees en die slagoffers RIV en hooplik sal wat daai gemors gesaai het ook maai!

Martin ·

Dankie aan ons wonderlike reenboog nasie en ons regering wat so onbevoeg is… Onaanvaarbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.