Twee vas ná man sterf by inisiasieskool

Die eienaar en assistent van ʼn inisiasieskool in Welkom kort nadat hulle in hegtenis geneem is. Foto: ANA

Die eienaar en assistent van ʼn inisiasieskool in Welkom kort nadat hulle in hegtenis geneem is. Foto: ANA

Die eienaar van ʼn inisiasieskool in Welkom in die Vrystaat en sy assistent is Woensdag in hegtenis geneem nadat ’n 34-jarige man by die skool dood is.

Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê ses ander mans by die skool moes hospitaal toe geneem word.

“Die polisie het ʼn klagte oor die inisiasieskool ontvang en is vinnig na die toneel waar ʼn onbekende man onder ʼn boom met ʼn kombers oor hom gelê het,” het hy gesê. “Die nooddienste is ontbied. Toe paramedici daar opdaag, het hulle die man probeer bybring, maar dit was reeds te laat. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Thakeng is ʼn klag van moord en oortreding van die wet op inisiasieskole teen die skool se eienaar en sy assistent aanhangig gemaak. Hulle sal Vrydag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Genade ja. Die mense wat nog hierdie bedryf volg, moet tog sekerlik nou al weet hul moet aandring op ‘n ordentlike, higiëniese prosedure deur ‘n medikus. En ja, as ‘n ou so lyk en met ‘n skalpel naderstaan, h a r d l o o p – en lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.