Twee vas ná moord op 90-jarige, bejaarde blinde seun

(Argieffoto: Nico Strydom)

Twee verdagtes is aangekeer ná ʼn huisrooftog die afgelope naweek in Limpopo waar ʼn 90-jarige vrou en haar blinde seun (71) aangeval is.

Die slagoffers was aan die slaap in hul huis in Marobala, buite Mankweng, toe twee verdagtes die huis oopgebreek en geld by die bejaarde vrou geëis het. Ma en seun is aangerand en verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek, voor die aanvallers gevlug het.

Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied, waar die vrou dood verklaar is.

Haar seun is met ernstige beserings na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, huisroof en poging tot moord.

Die twee verdagtes is ná ʼn wenk deur ʼn inwoner by ʼn plaaslike taverne aangekeer en sedertdien positief met die voorval verbind.

Lt.genl. Christine Moralakadi, waarnemende polisiehoof in Limpopo, het die polisie vir die spoedige inhegtenisneming geloof. Sy het ook die gemeenskap bedank wat met die inligting oor die twee verdagtes na vore gekom het.

Die twee verskyn na verwagting later vandag in die Mankweng-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Genis ·

Ek het nie woorde nie.. dis skokkend om die minste te se… Weerloses so aan te val, dis moordadige rassiste, sonder n gewete… Terroris op die hoogste graad

ES ·

En so word daar net gemoor en gemoor sonder ophou… maar ons mag tog nie moordenaars ter dood veroordeel nie want dan skend ons hul menseregte.

Juls ·

Weduwees en weerloses verdien spesiale beskerming deur die samelewing. Wys jou die morele verval en verotte karakter van Suid AFRIKA

Tino ·

Laat die skuldiges se familie na die blinde man omsien vir die res van sy lewe!

Andre ·

Ten minste het die gemeenskap gehelp, maar vanaand is albei seker uit op borgtog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.