Twee vas ná moord op Amerikaner

Argieffoto: Kent Williamson

Twee persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op Michael Clifford Edwards, ʼn Amerikaner wat in Januarie tydens ʼn kapingspoging in Midrand doodgeskiet is.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 27-jarige man is Dinsdagaand in Esselenpark in Ekurhuleni aangekeer. “Verdere ondersoek deur die SAPD en Johannesburgse metropolisie het Woensdag gelei tot die inhegtenisneming van ʼn tweede verdagte, ʼn 36-jarige man, ook in Ekurhuleni.”

Die ondersoek sal bepaal of die verdagtes ook met ander misdade verbind kan word. Hulle sal na verwagting Vrydag in die Midrand-landdroshof verskyn.

Die inhegtenisnemings volg ná ʼn voorval waar ʼn vrou en haar man op 7 Januarie 2020 in hul Nissan X-Trail gery het. Hulle het by ʼn rooi verkeerslig op die hoek van Maple- en Kyalami Mainweg stilgehou. Twee mans het die egpaar se voertuig bestorm en wou in die Nissan X-Trail klim. Die voertuig het glo agteruit gerol en in ʼn sloot beland.

Skote is uit die verdagtes se voertuig, ʼn wit Audi A4, gevuur. Die vrou is in haar bolyf gewond en haar man is doodgeskiet. Sy is na ʼn hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leon ·

Die hoof van die sindikaat sou nie baie gelukkig gewees het omdat hulle nie die voertuig gekry het wat hulle moes kaap nie. Daarom moes hulle die man skiet uit weerwraak want die baas sou hulle goed roskam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.