Twee vas ná moord op DA-raadslid, man

Monica en Basil Deniacos. (Foto: verskaf)

Die Valke het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op Basil en Monica Deniacos.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 25 en 29 jaar oud, sal Maandag in die Dealesville-landdroshof in die Vrystaat verskyn hangende verdere ondersoek.

Die egpaar se Toyota-bakkie, registrasienommer DPL 149 FS, en ʼn vuurwapen wat tydens die moord gesteel is, is volgens Mulaudzi steeds soek. Verdere ondersoek het intussen vasgestel dat die egpaar vermoedelik al Donderdagaand vermoor is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn huiswerker het Vrydag omstreeks 07:30 op Monica (68) se bebloede liggaam in die gang van die egpaar se huis in Dealestraat afgekom. Haar man, Basil (74), se bebloede liggaam is in ʼn kamer tussen ʼn bed en die muur gevind.

Monica, ʼn gemeenskapsaktivis, was sedert 2017 die DA se enigste raadslid in die Tokologo- plaaslike munisipaliteit.

“Dit is ʼn verskriklike groot skok. Ons is geweldig hartseer,” het Nomawethu Sbukwana, die DA se provinsiale woordvoerder in die Vrystaat, aan Maroela Media gesê.

“Raadslid Deniacos het altyd die gemeenskap van Tokologo, wat Dealesville, Boshof en Hertzogville insluit, na die beste van haar vermoëns gedien. Sy was ʼn geliefde openbare verteenwoordiger van die party.

“Monica was ook jare lank ʼn vooraanstaande sakevrou in Dealesville,” het Patricia Kopane, DA-leier in die Vrystaat, gesê.

“Die DA wil sy medelye met haar familie, geliefdes, vriende en die gemeenskap van Tokologo in dié hartseer tyd betuig.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Hennie Brummer, by 082 466 8604 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Mariaan ·

NOG n skokkende moorde…arme mense..om so wreed vermoor te word….nee man….VROT VROT land hierdie

Nita ·

Dis rerig tyd dat die buiteland moet optree en ons help. Hulle moet hierdie syfer kry. Gedurende die afgelope 10 jaar hoeveel swartmense is deur witmense vermoor en hoeveel witmense is deur swartmense vermoor. In dorpe, stede, op plotte en plase. Die wreedheid en marteling wat gebeur tydens die aanvalle moet ook uitgelig word. Hulle moet ons land begin boikot tot die wreedhede gestaak word.

Zaks ·

Boikot… ? Dan meer aremoede en werkloosheid = hoer misdaad.

Abe ·

Nita,
Dis n onredelike voorstel wat jy maak. Dis nie die buitelamd wat ons misdaadprobleme moet oplos nie. Die SA regering is veranntwoordelik daarvoor. ‘n Mens moet byvoeg dat dit van geen regering verwag kan word om misdaad totaal uit te roei nie. Die overhede moet soveel as moontlik doen om misdaad te BEKAMP en in toom te hou. Dit is hulle plig.

Tokkolos ·

RIV
En so haat ek en ek haat en ek haat
Vuil gemors is gesaai in sa en die regering is net bekommerd hoeveel hul pay gaan wees en wie kan hul vlg loot

Abe ·

Leon Pit,
Dit sou die ideale afskrikmiddel gewees het, maar daar is ander realiteite wat in ag geneem moet word.

koos ·

Wie is hierdie valke sekuriteit, miskien moet hulle oorvat by die polisie hulle blyk baie beter as die polisie te wees,bygesê dit is nie moeilik nie.

Melanie ·

Hopelik sal die DA nou hul oë oopmaak oor aanvalle en ok begin iets doen noudat daar van hul raadslid mense ok vermoor is!

HF Verwoerd ·

Koos, die valke is deel van die polisie. As die polisie toegelaat word om hulle te doen en daar nie al ewig politieke inmenging is nie, sal dit help. Die publiek is ook nie altyd reg nie. Doen n bietjie self ondersoek na jou eie gedrag teenoor die polisie en sien dan self.

koos ·

Ek gaan eerlik wees ek sien die polisie as die lui vyand,en die klomp DA stemmers neem ek kwalik oor baie dinge,hulle stem of saam met die anc lite se beleid of hulle is oningelig Afriforum en VF+ baklei vir bekamping van misdaad en die regverdige voortbestaan van my taal die anc keur die diskriminasie goed deur hulle stilswye.

Showahed ·

Is hierdie nog ‘n moord per toeval of was hierdie moordenaars deur iemand gestuur? Ek glo laasgenoemde…

Strand looper ·

Jys 100% reg. More is hul seeker uit op R1000 borg….

Ai ·

Name,ras asb..oe ja sorry ek mag mos nie dit vra nie ons moet mos polities korrek wees..Maar laat my raai hul was definitief nie blank moordenaars nie!

Lana ·

Ai, stem saam. Dis net opvallend dat media baie vinnig is om die ras van ‘n persoon te noem wanneer dié persoon iets goed of positief gedoen het. As voorbeeld noem ek die swart sakevrou wat nou onlangs die eerste swart vrou geword het om Everest se hoogste punt te bereik.
Hoekom nie ook die ras noem wanneer ‘n swart persoon iets sleg of negatief gedoen het nie??
Selfde geld vir blankes. Noem die ras. Of die persoon nou goed of sleg gedoen het!!
Feite bly feite. Niks sal jou ras verander nie!!

ne ·

Ai – stem saam met jou. Hulle word betaal om moord te pleeg. Was dit blankes was die gesiggies/name lankal bekend.

Ai. ·

Hehe goeie maar hartseer en ware feit…Ja polities korrek. Ai hoe pateties het ons nie geword om alewig te buig ter halwe van om maar net politiese korrek te wees nie…
Mense is so skuit bang om die waarheid te praat dit wil amper voorkom hul is lafharte terwille van omstandighedes en hul base wat hul afpers om so te wees…Ja siestog ons leef in n jammerlike Judas ja broer tydperk waar min karakter en waarheid geuiter word ter wille van poltiese korrektheid..

Abe ·

Ai,
Die gebruiklike Afrikaanse uitdrukking wat jy in gedagte het, is nie “skuit bang” nie. Maar dit beteken wel “baie bang”.

Karlahari ·

Dankie fw en roelf vir die gemors waarmee julle ons gelaat het.
Moenie die huidige regering of die DA blameer nie.
Ons is verraai.

Bekonmerd ·

Hoekom kry ek die gevoel dat dit dalk die 2 kan wees wat op die facebook foto’s saam met haar die bok afslag…. ek hoop ek is verkeerd …

Anna ·

Ons almal word deur die moorde geraak wat die afgelope tyd in ons land plaasvind. Mens besef eers wat dit is wanneer dit met mense gebeur wie jy ken. Kom ons begin iets doen. Hoe? Moenie dink dat hulle jou sal oorslaan nie, enige iemand kan ‘n slagoffer wees. Ons is so geneig om vir ‘n maand ons deure te sluit en as dit stil raak in ons omgewing word ons weer gemaklik. Wees wakker. Mense hierdie is ‘n realiteit. Ons sal iets moet begin doen. Net sodat julle weet ek is ‘n skoolkind, ek sien die goed raak. Ek raak ook kwaad. Ek wil almal help en beskerm, maar dit begin by jouself. Moenie dink dit kan nie met jou gebeur nie. Wees veilig asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.