Twee vas ná moord op gesin

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn egpaar van Noordwes en hul twee kinders, onderskeidelik drie en 22 jaar oud, in Desember in hul huis doodgeskiet is.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is Vrydag in die Black Rock-gebied van die Mmakau-nedersetting buite Brits in hegtenis geneem.

Die verdagtes, onderskeidelik 29 en 38 jaar oud, sal binnekort in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van moord, huisroof, poging tot moord en motordiefstal.

Maroela Media het vroeër berig konst. Sello Lucky Sebati (42), sy 40-jarige vrou en hul kinders is op 6 Desember in hul huis in Makau doodgeskiet voor hul moordenaars met die gesin se Chrysler Voyager-voertuig gevlug het.

Dit het intussen ook aan die lig gekom dat die 22-jarige dogter swanger was en die baba verloor het. Die egpaar se 15-jarige dogter was buite die huis tydens die skietery en is gewond terwyl sy gevlug het.

Die gesin se voertuig is later verlate tussen bosse in Black Rock gevind. Mokgwabone het gesê Sebati was ʼn polisiekonstabel wat by die Hebron-polisiestasie gewerk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henk ·

Kom nou DA,gaan jul by die hof opdaag? Muzi,ons wag vir jou inskrywing op twitter!!!!

Liza ·

Stem saam met jou Henk, wil ook weet of die D A gaan opdaag……..

Ronél ·

Poging tot moord? Is dit nie moord as jy 4 mense doodmaak nie?

lorayne ·

Moord, huisroof, poging tot moord en motordiefstal lees die berig Ronel. Poging tot moord sal wees op die egpaar se 15 jarige dogter wat geskiet is terwyl sy gevlug het. . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.