Twee vas ná moord op jong Muldersdrift-man

Jason le Roux. Foto: Facebook

Jason le Roux. Foto: Facebook

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Jason le Roux (26).

Le Roux is op 16 Junie in die Lammermoor-gebied in Muldersdrift tydens ʼn huisroof doodgeskiet.

Maroela Media het vroeër berig Le Roux en sy vriendin het geslaap toe die rowers omstreeks 03:00 gedwonge toegang tot hul huis verkry het. Le Roux het gehoor hoe hulle inkom en het gaan ondersoek instel, waarna hy verskeie kere in die bors geskiet is. Hy is op die toneel dood.

Die rowers het verskeie huishoudelike items gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het. Sy vriendin is ook tydens die voorval in die onderlyf gewond. Sy kon daarin slaag om te ontsnap en het hulp by die bure gaan ontbied, waarna sy na ʼn hospitaal geneem is vir behandeling.

Ao. Hitler Ngwenya, polisiewoordvoerder, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die “mees gesoekte misdadigers” is Woensdag omstreeks 16:00 in hegtenis geneem. Die verdagtes is onderskeidelik 34 en 39 jaar oud.

“Sedert die moord het twee speurders, sers. Sam Manana en konst. Mncedisi Bambiso, al dag en nag gewerk om die saak te ondersoek. Hulle het met verskeie lede van die gemeenskap vergader om te bepaal waar die verdagtes hulle bevind,” het Ngwenya gesê.

Kapt. Boeti David Phiri, waarnemende bevelvoerder van die Muldersdrift-polisiestasie, het die beamptes en rolspelers se toewyding en verbintenis tot die oplos van die saak geloof. “Die inhegtenisnemings sal baie help om die veiligheid van die gemeenskappe in die Muldersdrift-omgewing te verseker,” het Phiri gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die Muldersdrift-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Uiltjie ·

Gert, Gert, Gert! Wanneer wil Jy dan regkom??? Is dan nie juis waaroor ons aldag kla nie? Gee die SAPD n break! Lyk my as hulle nie foute mask nie, het ons niks om oor the gesels nie!!!!

KP ·

Snaaks hoe baie sake word daar nou
skielik verdagtes in hegtenis geneem so voor n verkiesing. Na die verkiesing is die publiek weer aan hulle eie genade oorgelaat???????

Jan ·

Well done speurders. Dit bring nie die oorledene terug nie maar dit is ‘n riem onder die hart dat daar nog goeie manne in die mag is wat wil en kan. Trots op julle !!!

rudi ·

Nogal snaaks dat hy se “mees gesoekte misdadigers” Wat bedoel hy daarmee? Het hul die misdadigers geken? Laat my nogal dink aan baie moordenaars wat gesoek was nadat hul orals gebreg het oor hul moorde. Eugene se moordenaars het dieselfde gedoen.

Amazing ·

Julle 2 speurders en die res van die span, julle is amazing, vat vas – wis uit die boosheid! Julle gee beslis hoop en is ware demokrasie ondersteuners!

Arno ·

As ek so daaraan dink, hy is net 1 jaar ouer as ek. Dis hoopeloos te vroeg om van jou lewe kwyt te wees. Wel gedaan Muldersdrift SAPD, wel gedaan. Hoop julle skerp bietjie patrole op in die area. Dit sal al baie help. Sterkte vir sy familie en vriende van Jason.

Gesiggie ·

Nog n jong slagoffer … My meegevoel aan Jason se ouers en Familie, en aan sy vriendin, hoop dat jy gou sal herstel. Ek hoop hierdie 2 word gestraf vir hul dade, en dat hul nie net vir n jaar of 5 in die tronk sal wees…Goeie werk aan die speuders… RIP Jason… hierdie inbrake en moorde….raak erger… wanneer sal dit eendag ophou….

Nico ·

Baie goeie werk almal is nie dieselfde nie trots op julle Sal enige tyd saam met julle polisie manne werk wat so goeie werk doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.