Twee vas ná moord op Kaapse bejaardes

Die straat is afgesper buite die huis waar die moorde plaasgevind het. Foto: Facebook via Ottery en Wat Wat

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn bejaarde egpaar van Ottery in Kaapstad.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, sê die mans is Donderdagaand in hegtenis geneem na aanleiding van ʼn ondersoek deur Lansdowne-speurders. “Die deeglike en omvattende ondersoek deur Lansdowne-speurders na die genadelose moord op ʼn bejaarde egpaar van Ottery Sondag, het tot die inhegtenisneming van twee verdagtes gelei,” het Traut bevestig.

Hy sê die mans, onderskeidelik 20 en 29 jaar oud, is by ʼn huis in Delft in hegtenis geneem. Een van die verdagtes het die oorledenes geken.

Maroela Media het vroeër berig Rugaya en Riedwaan Addinall, albei 82 jaar oud, is Sondagmiddag deur hul seun, Kenwyn, dood in hul huis aangetref. Kenwyn het gaan ondersoek instel nadat sy ouers nie die telefoon geantwoord het nie. Die vermoede is dat die Addinall-egpaar verwurg is.

Die egpaar kom oorspronklik van Blackheath af en het die afgelope 18 maande in Ottery gebly.

Die verdagtes sal Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Naomi Berger ·

Baie dankue aam die speurdwrs vir julle goeie werk.
Dit laat mens weer vertroue kry in die SAP.
Mag julle van sterkte tot sterkte gaan in julle werk en suksesse.
Ons innige simpatie met die ontslapenes se familie.

Jepetto ·

Ek verstaan nie eweskielik vang die Poliesie moordenaars bende geweld eenhede is op die beengebring groot besendings dwelms word onderskep groothoeveelhede renosterhorings word gekry Mosambiek se se minister van finansies word gearesteer vir geld wasery . Die egpaar van Ottery se vermeende moordenaars is gevang baie mooi

Cherokee ·

Nou wat verstaan jy nie (as ek jou reg verstaan)? Meeste (let wel nie almal maar hopelik heelwat) van die polisie kan spel en dus ‘n redelik behoorlike skryfstuk opstel. Jy begin deur te sê jy verstaan nie en sluit af met ‘n kompliment. Askies hiervoor, maar ek verstaan jou skrywe nie.

Terloops, ek was sowat twee dekades gelede betrokke in ‘n klein motorongeluk en toe ek self die verklaring wou skryf, het die (vroulike) polisiebeampte by haar hoof gekla dat ek skryf terwyl sy dit moet doen. Ek het laggend toegegee dat sy dit doen, die verklaring in hoge Engels gedoen, en toe sê haar hoof dat sy vra ek moet self skryf want sy verstaan nie. Ek het geweier om dit te doen, en toe doen hy dit self.

Terug na jòu Jepetto, as jy self nie baie leesbaar is nie, kan jy nooit die opposisie verkwalik nie!

annie ·

Stem Phillip. Maar hulle sal seker elkeen R5000.00 borg kry en dit dan weer doen. Solank jy krimineel in hierdie land is is jy op die regte pad.

Hanna ·

Die een verdagte was bekend aan die egpaar. .”Die makste hond byt die seerste”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.