Twee vas ná moord op klein Mia

(Foto: Willys & Gallico Funeral Services, Facebook)

Twee verdagtes is Dinsdagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op die vierjarige Mia Botha in Paarl-Oos in die Wes-Kaap.

Volgens kapt. FC van Wyk, sal die verdagtes, onderskeidelik 37 en 40 jaar oud, in die landdroshof in die Paarl verskyn sodra hulle amptelik van moord aangekla word.

Mia se liggaam is Maandagmiddag agter die Nederburg Primêre Skool in Paarl-Oos gevind nadat sy die vorige middag omstreeks 16:00 as vermis aangemeld is. Volgens inligting was daar krapmerke oor haar hele lyf.

Die omstandighede van hoe sy verdwyn het, word ondersoek.

ʼn Roudiens is Dinsdag vir Mia gehou.

Laurichia Poggenpoel, raadslid van die Drakenstein-munisipaliteit, het namens die DA se vrouenetwerk in Drakenstein gesê “genoeg is genoeg” nadat die inligting oor Mia se dood uitgekom en die Paarlse gemeenskap geskok het.

“Dit is hartseer, en een moord te veel. Ons doen ’n beroep op ons gemeenskappe om saam te staan, om na ons kinders om te sien en die “My kind is jou kind-beginsel” aan te neem. Dit is die enigste manier om te help en die sosiale euwels in ons woonbuurte te beveg,” sê Poggenpoel.

Die vrouenetwerk het twee weke gelede by die Mbekweni-polisiestasie ’n memorandum oorhandig waarin hulle hul lot by die polisie bekla het en die polisie versoek het om hulle te help om die pandemie van geweld en mishandeling teen kinders en vroue te beveg.

“Ons vra weereens die polisie om meer patrollies te doen in ons misdaadgeteisterde gebiede en om te reageer op die oproepe van ons gemeenskappe wanneer hulle voor uitdagings te staan kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Porseleintjie ·

Watter verweer het Mia teen TWEE van die gemors gehad???? So weerloos soos wat sy in hul hande was, so weerloos sal hulle in die hande van God wees.

marius ·

Twee skote agter elke oor . Klaar . Mense is siek en sat vir hierdie dreksels !

Lillian ·

Die polisie gaan nie die omstandighede verander nie. In hierdie land sal geweld teen vroue en kinders voort duur solank daar in sekere nasies en volkere nog die houding is dat ‘n vrou geen regte het nie en net ‘n objek.

Africangrey ·

Arme arme kindjie, my hart gaan uit na haar ouders en verdere familie, mag God julle troos, en krag gee om hierdie ontsettende groot verlies te dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.