Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die mans, onderskeidelik 21 en 25 jaar oud, is in Chiawelo in hegtenis geneem.
Die verdagtes sal van moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ontvoering aangekla word. Hulle sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.
Die meisie is Saterdagoggend doodgeskiet. Sy en vyf vriendinne, tussen 13 en 15 jaar oud, is Vrydag na Thokoza Park in Rockville.
ʼn Bussie vol seuns het die meisies genooi om saam hulle by ʼn huis te gaan kuier. “Die meisies beweer dat die seuns in Protea Glen gestop het om vleis en drank te koop. Hulle het die meisies glo probeer forseer om met hulle seks te hê.”
Makhubela sê die meisies het geweier waarna hulle weggejaag is. Hy sê die meisies het omstreeks 02:00 Saterdagoggend in die strate geloop toe twee onbekende mans opgedaag en op hulle begin skiet het.
ʼn Polisiemotor het die meisies kort hierna gewaar en hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die een meisie is dood en die ander vyf is vir skok behandel.
What are they doing in the streets at that time of night? This isn’t pro ’94 when we could walk in the streets at night and be left in peace. At their age they should be home and fast asleep at 2am!
waar gaan dit alles heen????. Dit lyk of die kinders gebore word met die gedagte. Hulle het rugting verloor vandat dissipliene verlore geraak het.