Twee vas ná moord op Pta-man in Kleinmond

Pieter Mienie. Foto: Facebook

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Pieter Mienie (60) in Kleinmond in die Wes-Kaap.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes, 28 en 29 jaar oud, sal vandag in die Caledon-landdroshof verskyn op aanklag van moord en huisroof.

Mienie is Woensdag in die vroeë oggendure met ʼn skerp voorwerp gesteek. Volgens die Overstrand Herald was Mienie en sy vrou, Anita, met vakansie in Kleinmond. Die egpaar is van Pretoria.

Mienie het glo wakker geword tydens die inbraak en het vermoedelik die verdagtes gekonfronteer voor hy aangeval is. Hy is na ʼn hospitaal gehaas maar het daar aan sy beserings beswyk. Die egpaar het glo in ʼn vriend se huis tuisgegaan.

Die eerste verdagte is kort na die voorval in hegtenis geneem terwyl die tweede verdagte omstreeks 17:45 Woensdag vasgetrek is. Niks is tydens die voorval uit die huis gesteel nie.

Dr Braam Hanekom, voorsitter van die Kleinmond-gemeenskapsforum, het intussen gesê hulle het met skok en afgryse kennis geneem van die moord op Mienie.

“Dit wil voorkom of dit die soveelste dwelmverwante insident die afgelope tyd was. Nie net op Kleinmond nie maar oral in ons provinsie. Dit fokus opnuut die aandag op soveel van ons gemeenskappe wat hieronder ly. ’n Veel dringender en oorhoofse strategie om dit te bekamp is nodig.”

Verteenwoordigers van die Kleinmond-gemeenskapsforum het na die moord met onder andere die polisiehoof en die dorpsbestuurder vergader om die situasie te bespreek.

“Intussen gaan ons harte uit na die familie van die slagoffer, maar ook soveel ander families en slagoffers wat vasgevang is in ’n ‘gees van geweld’ wat Suid-Afrika tans gevange hou.”

Mienie is ʼn afgetrede geoloog. Buiten sy vrou laat hy ook twee dogters en ʼn skoonseun agter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

noeks ·

Mmmm nou gaan dwelms weer die skuld kry, en hulle in in rehabilitasie sentrum gesit word, of moet gaan vir sielkundige evaluering.

Spike ·

Ek glo nie dit is dwelmverwant nie. Dis rassehaat aangevuur deur anc, eff, blf comrades en kaders. Waar is ons sogenaamde pres. Hy sê nie ñ woord oor die misdaad sitsuasie in die land nie, maar dit sal weer apartheid se skuld wees.

fish ·

agnee. my ouma bly in kleinmond en ons hou gereeld vakansie daar van ek in doeke was. sterkte vir almal wat betrokke is. Mens wil nie sulke goed hoor in so mooi klein dorpie nie want almal ken almal daar basies.

Lizelda ·

Ek wil net n vraag vra. Die mense wat so sinneloos mense vermoor vir niks… Is dit nie hulle manier om maar net tronk toe te gaan en dan weet hulle vd volgende paar jaar eet en slaap hulle verniet nie. Ek meen watter ander logiese verduideliking is daar?

chrissie ·

2 Blanke mans vermoor …… hartseer om vandag Maroela te lees!!!! wanneer gaan die blanke moorde ophou? vermoor vir absoluut NIKS!!! TRAGIES!!!

Ina Kapp ·

Dan moet hulle onder dieselfde kam geskeur word as die Coligny manne. Daar was diefstal betrokke. Wat is hier die rede?

Lizelda ·

Hahaha Ina dink jy regtig DIT sal gebeur? Daai twee gaan net se “eish it was a terrible mistake.” Dis net n rasse-aanval as dit n Coligny geval is.

Stella ·

Watse dwelmverwant?dis nou weer n nuwe rede wat hulle gebruik om wit mense the vermoor,weereens is die mense onverhoeds bekruip en aangeval,hulle is n klomp bang gatte,en dit sal nie ophou nie,dis hulle natuur

Jannie ·

Weer ‘n geval waar ons voor die hof moet gaan betoog vir die langste tronkstraf in die boek! Doodstraf sou my oproep wees!!!

Nog 'n tragedie ·

Soveel tragiese en ontstellende nuus vandag. Sterkte aan die familie en naasbestaandes van die oorledene.

Frikkie ·

Piet Minnie was n besonderse man
Altyd daar om te help met n goeie hart.
Hy was ook n baie goeie sportman.
Sterkte aan die familie.

Cynthia TREDOUX ·

Ek is baie bly die moordenaars is opgespoor…want DAAGLIKS…lees ons: Die verdagtes het weggekom….dan vra ek myself af: WAARNATOE VLUG HUL…en gaan voort om nog moorde te pleeg….My innige simpatie met die familie van hierdie onskuldige man…wat met vakansie was…

Koos ·

Nee wat more is hulle weer op straat, dis mos n groot wit man wat vermoor is vir geen rede nie en maak mos nie saak of hy ook familie het wat agter bly nie.

Esther Louw ·

Die een persoon het gesê tronktoe met hulle, maar daar leer hulle mekaar wat die ander nie weet nie. Bewaarders het ‘n moeilike taak. Bid asb vir hulle. Ek ken die oorledene se ma en ek is so jammer vir haar. Ek weet nie of die doodstraf sal werk nie. Dan het Coligny se mans dit gekry.

Petro Buizer ·

Daar is NET EEN oplossing hiervoor, en dis die doodstraf!!!! Slegs as DIT nou gebeur….Sal dit ‘n voorbeeld wees wat met MOORDENAARS gebeur…..dan en eers dan. …Sal dit ophou!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.