Twee vas ná moord op sakeman in Pta

Die koeëlgate in die deur van die motor. Foto: SAPD

Die koeëlgate in die deur van die motor. Foto: SAPD

Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die voorval verlede maand waarin verskeie skote afgevuur is op die motor waarin ʼn sakeman en sy kollega gery het in die ooste van Pretoria.

Wandile Bozwana, ʼn sakeman van Noordwes, en sy kollega Mpho Baloyi, het op 2 Oktober op die N1-Noord gery toe die insittendes van ʼn silwergrys BMW M3 glo op hulle motor losgebrand het naby die Garsfontein-afrit. Bozwana het aan die passasierskant gesit en is nege keer getref. Hy is later in ʼn hospitaal dood. Baloyi is twee keer geskiet en het oorleef.

Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, is die twee verdagtes Woensdag in hegtenis geneem en sal hulle Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn. Hy het gesê die polisie hoop om binnekort nog mense in hegtenis te neem.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.