Twee vas ná moord op skoolseun  

(Argieffoto: Maroela Media)

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn 15-jarige seun Woensdag op pad skool toe in Kariega (Uitenhage) met ʼn mes gesteek is en aan sy beserings beswyk het.

Ferguson Volminck het omstreeks 7:45 in McCarthystraat in Gerald Smith gestap toe hy deur ʼn groep mense genader en met ʼn mes in die bors gesteek is.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, is die seun se pa van die voorval in kennis gestel en het hy met sy seun na ʼn hospitaal gejaag waar hy kort ná sy aankoms dood verklaar is.

Die twee verdagtes, ʼn 16-jarige seun en 21-jarige man, is omstreeks 17:50 by hul onderskeie huise in verband met die voorval in hegtenis geneem.

“Die motief vir die moord moet nog vasgestel word,” het Swart gesê. Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Kariega-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

007 ·

Totdat die doodstraf terugkeer sal dit nie beter gaan nie. Gooi maar klippe as julle wil. Ek staan by my denke.

Hennie ·

Waar is die anti-vuurwapen bende nou? Verbied alle messe, skroewedraaiers en skerp voorwerpe.

Danie ·

Wat verwag jy van n regstelsel wat nie bestaan en optree teen kinders nie.Die totale agteruitgang van die land.Daar geen gevolge by huis en skool vir kinders wat weer op die regte pad gebring moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.