Twee vas na moord op treindrywer

Piet Botha. Foto: Verskaf

Piet Botha. Foto: Verskaf

Die polisie is in die Wes-Kaap het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op Pieter Barend Botha.

Maroela Media het vroeër berig Botha (46), ook bekend as Piet, is Maandag by die Netreg-stasie beroof en vermoor. Steve Harris, hoofsekretaris van die vakbond Untu, het gesê Botha is twee keer in die kop geskiet. “Botha was besig met ʼn verfrissingskursus op die sentrale lyn en het vir ʼn trein gewag nadat hy van ʼn ander trein afgeklim het, toe hy oorval is.”

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes verbonde aan die Bishop Lavis-polisiestasie, het inligting opgevolg en Maandagaand ʼn 22-jarige verdagte in hegtenis geneem op aanklag van moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

Volgens Rwexana het die polisie Dinsdagoggend verder inligting opgevolg oor die vuurwapen wat glo vir die moord gebruik is. Die beamptes is na ʼn huis in Plumbalostraat in Bishop Lavis, waar hulle in een van die slaapkamers op ʼn sak onder ʼn bed afgekom het. ʼn 37-jarige verdagte is in hegtenis geneem en word aangekla van die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

Die verdagtes sal Donderdag in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MCS ·

Ja, mens kan seker se welgedaan dat die moordenaars gou gevang is! Maar dit moes in die eerste plek nie gebeur het nie! SA gee aan elkeen die reg om temoor wat daar is basies geen nagevolge! Al wie lei en swaarkry daarna is familie wat agterbly en stukke bymekaar moet hou! Dis raak erger en erger by die dag ! 2 tot 3 keer n dag lees mens van nog iemand wat gemoor is! Dit is al so deel van ons daaglikse bestaan dit voel of mens al gevoel loos daar oor is.

Tauseef ·

Ek ry telkens verby Netreg en was al eenkeer beina beroof. Di ergste is dat di verkeers ligte jou forseer om stil te hou. Dit is waneer die “smash en grab”rowers toeslaan. Die een oomblik sien jy niemand, en vour jy kan herstel van die skok, is hulle op jou en verdwyndan tussen die gangetjies tussen die huise deur. Daar is som kere ‘n polisie vang wa by die verkeerslig gestationeer…maar dit is net by spitsverkeer tye. Ander tye glad nie. Dit is te verstane…die polisie het belangriker werk om te doen. Maar hoe hanteer jy hierdie hartelose kriminele elemente? Kan die woon gebiede wat besige strate het nie toe gekamp word nie? Wat van Metro Rail sekuriteits wagte op stasies plaas? Wat van die plakkers langs die N2 toe kamp. Het jy al ooit gehoor in enige land in die wereld dat koeie en beeste toegelaat word om oor ‘n deurpad (freeway) te loop. Die spoed limiet op die N2 is 120km per uur maar ook met ‘n paar gevaar tekens met ‘n prentjie van ‘n bees op. Hoe kan daar toegelaat word dat skape, perde en beeste oor ‘n deurpad loop waar voertuie geregtiglik 120km per uur kan ry. Does the end not defeat the means?

Koos ·

En ek hoop hulle word net soos Oscar skuldig bevind en gestraf…geen plek vir moordenaars in ons samelewing nie.

Goeie werk ·

Goeie werk deur die Polisie, ek hoop dit is die 2 peste en dat hul goed vasgevat sal word!!!!!

PMB ·

Ons mee gevoel met Piet se familie. Ek hoop die skuldiges word met dieselfde minagting behandel. Die gemors!!!!!

Cruz ·

In die land van ons sal daar net wet en orde gehandhaaf word wanneer sulke moordenaars dieselfde prys betaal as die slagoffer en dis ook met hul lewens!
Die tronk is te n lekker plek vir baie van hulle met kos en slaapplek.
Bring terug die doodstraf!

Pastoor ·

Net ernstige gebed tot Y;shua Jesus sal hierdie misdaad golf STOP

Mitch ·

Ons het God uit die skole verban en nou bid ons dat Hy die land moet red? Watter arrogansie het die mensdom nie!

Tauseef ·

Die polisie lewe en werk te lank in die gemmenskap se skaduwee. ‘n groot % van opgelosde kriminele sake is te danke aan die gemeenskap se oë en ore en nie noodwendig die polisie se eie “legwork” nie. Die polisie moet begin werk want te veel polisie voertuie staan snags diep ingetrek by sekere huise en taverns. As hulle van diens af is, kan die voertuie gebruik word deur lede wat aan diens is. Vroër jare het die polisie respek gehandhaaf wat hulle het hul eie ondersoeke en speurwerk gedoen. Vandag maak hulle staat op leidrade wat ek en jy hulle kan gee. Span die jonk polisie beamptes in en vra die wie jare in die diens is met vet oorgewig en onfiks ligame om af te tree. Dit is hulle wat die polisie diens vol sit en nie kan hardloop om boewe te vang nie. Dit is ‘n gemors van Tax payers money. Piet se moord is nog een te veel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.