Maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes het glo Vrydagaand ʼn snoepwinkel in Mahikeng binnegegaan, ʼn klant doodgeskiet en die winkeleienaar gewond. Die verdagtes het glo met kruideniersware en ʼn onbekende bedrag kontant gevlug.
“Die verdagtes het glo hierna ʼn taxi voorgekeer en die bestuurder doodgeskiet. Die verdagtes het met die taxi wat vol passasiers was, weggery.” Volgens Makau is die polisie in kennis gestel en het die verdagtes met die taxi teen ʼn boom gebots toe hulle die polisie gesien het.
Makau het gesê die verdagtes is in Magogwe buite Mahikeng in hegtenis geneem. Hy het gesê geen taxipassasiers is beseer nie en die ondersoek duur voort.
Goeie werk. Hou so aan julle doen goeie werk. Saak vir saak gaan julle n verskul maak.