Twee vas ná musikante aangeval, beroof is

Riaan Smit nadat hy aangeval is.

Twee mans van die groep wat na bewering vir Riaan Smit en Luca Hart aangeval het tydens ʼn opname vir ʼn musiekvideo buite Windhoek, is in hegtenis geneem.

Smit, veral bekend as lid van die rock-groep Crimson House, het die nuus op Facebook bevestig. Hy het gesê die polisie reken hulle sal binnekort die ander verdagtes in hegtenis neem. Van die toerusting wat tydens die aanval gesteel is, is ook teruggevind.

Volgens Smit word hy Woensdag geopereer vir die fraktuur aan sy bokaak. Hy sukkel nog om te glimlag weens die besering aangesien hy senuweeskade opgedoen het, maar dit behoort binne die volgende paar maande te herstel.

Maroela Media het vroeër berig Smit, wat tans in die Kaap bly, het ernstige beserings opgedoen nadat hy met ʼn baksteen in die gesig geslaan en met ʼn mes in die arm gesteek is.

Marinette Potgieter, ʼn agent vir Crimson House, het gesê ʼn groep van vyf of ses mans met balaklawas, wat met messe gewapen was, het die twee musikante en drie bemanningslede glo onverwags betrap.

“Dit het veral gelyk asof hulle vir Luca en een van die vroue van die bemanning geteiken het,” sê Potgieter. “Riaan het daarom voor hulle ingespring om die vroue te beskerm. Hulle het hom weggestamp en die vroue weer geteiken, maar hy het weer voor hulle ingespring waarna hy met ʼn baksteen geslaan is en toe na die grond geval het.”

Smit en Hart met hul aankoms in Windhoek.

Die groep is van meer as 20 toerustingitems, wat gebruik is om die musiekvideo te skiet, beroof. Onder dié items tel onder meer kameras, selfone en mikrofone. Die verdagtes het nie Smit se kitaar gesteel nie.

“Luca se mandolien, wat vir haar van groot sentimentele waarde is, is ook in die voorval gesteel,” sê Potgieter.

Smit is na die hospitaal geneem waar ʼn mediese dokter aanvanklik nié kon sien dat hy ʼn fraktuur aan sy bokaak opgedoen het nie. Daar het ook bloedvate in sy oë gebars.

Potgieter moes intussen noodgedwonge twee van Smit se konserte in Namibië kanselleer. Hy het Sondag teruggekeer na Suid-Afrika om Maandag ʼn chirurg in die Wes-Kaap te spreek.

“Riaan is ons trooper – hy is ʼn regte soldaat. Dis sleg dat ons die konserte moes kanselleer, maar hy sal weer binnekort op die verhoog wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elizma ·

Daar bly 2 miljoen memse in die land….half logies dat hulle vinniger iemand gaan vang.

Leahim ·

@ Elizma ek stem nie saam met jou nie die polisie in SA doen niks hulle sit net en wag vir betaal dag .Die SA polisie se mandaat is om die publiek te dien en te beskerm ,voel jy veilig lees jy van die moorde elke dag en wat doen die polisie om hierdie misdade te voorkom ….absoluut niks en dit is die grootste rede hoekom dit so gaan .Die Namibiese polisie het nog trots in hulle en met dit saam die respek van die inwoners.

Leahim ·

Die Namibiese polisie is skerp lees die vorige komentaar van AO van Graan nie so nutteloos soos die klomp in SA nie hulle verdien hulle salarisse en die mense vertrou hulle om Namibië veilig te hou.

Anti-Leahim ·

En natuurlik moet jy jou wan opinie kom lig. Jy is te bang om aansoek by die polisie te doen. Seker omdat jy weet dat jy nie sal kan cope nie.

HENNA ·

Nee Elizma daai POLISIE werk en soek na misdadigers lees asb Lodewyk Van Graan se kommentaar op vorige artikel .

Jakoba ·

Ja kyk ons polisiemanne speel nie. Hulle soek nog die ander. Hulle dink hulle kan misdaad pleeg hier maar word gou gou vasgevat. Baie trots op NAMPOL

Namibi-er ·

Dankie Leahim vir jou kommentaar. Ek stem met jou saam dat hier in Namibie werk ons polisie regtig hard en verdien hulle geld. Hulle los misdaad baie vinnig op. Nie soos in SA waar mens amper nooit hoor van die misdadigers wat gevang word nie. Ons land is so groot soos een van SA se provinsies en as elke provinsie se polisie hulle werk deeglik doen, sal hulle die misdadigers kan vang, maar lyk my hulle is te bang vir die goed. Hier respekteer ons nog ons polisie en ons staan hulle by.

Johan ·

Dis die probleem met die mense hier in Suid-Afrika. Hulle is ondankbare mense en Onrespekvol. Hulle sal nie skroom om die wette in Suid-Afrika te verbreuk nie.

Stephen Namibia ·

Marius dis ongevraagd. Jou kommentaar wys hoe min jy van ons land weet. Besoek Nam en sien hoe word mense van alle rasse deur alle rassegroepe met respek behandel.
Daai SWAPO en KOEVOET en vorige vyande lewe in harmonie saam omdat ons nie n lamsak Regering het nie.
Misdaad is oral. Ons Polisie is net baie meer skerp en menslik. Voorbeeld: een van die top swart offisiere op ons dorp het my een aand langs die pad opgelaai nadat ek probleme met my voertuig ondervind het.
Toe hy my by die huis aflaai het ek hom vir ete genooi en hy het saam met ons aandete ge eet.
Ons loop mekaar gereeld raak en drink koffie saam. Dit sal nie in SA gebeur nie.

Namibia ·

@Elizma, Anti Leahim en Marius. Ons polisiemag vat nie nonsens nie. Hier sien en konsentreer ons nie op ras en kleur nie, maar op menswees en die kosbaarheid van ons lewens. Ons is trots op ons polisiemag en respekteer hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.