Twee vas na onwettige jagtog op plaas

Die mans het die volstruis op hul bakkie gelaai en gevlug (Foto: Verskaf)

Twee mans, van wie een ’n metropolisielid is, sal na verwagting Maandag in die Morebeng-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklagte van onwettige stropery. Dit volg na die twee mans Saterdag vasgetrek is ná hulle onwettig ʼn volstruis geskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die twee mans, onderskeidelik 28 en 38 jaar oud, sowel as hul twee medepligtiges het na ʼn plaas in die Botlokwa-gebied in Limpopo gegaan. Hulle het ʼn draad geknip en ʼn volstruis onwettig geskiet. Hulle het die volstruis op hul Ford Ranger-bakkie gelaai en gevlug.

Mojapelo sê die polisie is van die voorval verwittig en hul ondersoek het tot die twee mans se inhegtenisneming gelei.

Tydens die mans se inhegtenisneming het die polisie op die volstruis, twee jaggewere en die voertuig beslag gelê.

Die polisie is steeds op die spoor van die twee medepligtiges.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Duwweltjie

Wolf in skaapklere die metro polisielid.

Lourens

En dit mense is wat ons wet en orde moet handhaaf, en hul makkers is in ons parlement ook.

Persheks

Al weer uniforms wat betrokke is! Geen voorbeeld van wet en orde nie!

Stefan

Hoe (indien) word die integriteit van die beamptes getoets/vasgestel by hul aanstelling?

Nick

Kyk ons weet die poliesmanne is baie lief vir hul kentucky maar hierdie keer het hy te veel probeer afbyt. Dis ‘n groot voel daai.