Twee vas ná plaasaanval op bejaardes

(Foto: Bongani Mbatha/ANA)

Twee verdagtes het Woensdag in die Bethulie-landdroshof verskyn nadat ’n bejaarde egpaar verlede week op hul plaas naby Bethulie in die Vrystaat aangeval is.

Kallie (87) en Marcia (82) Kruger is die aand op hul plaas deur twee mans oorrompel en aangerand.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes, Luyanda Velaphi (34) en Poto Morolwa (32), het glo die plaashuis betree en die Kruger-egpaar vasgebind. Hulle het ook die egpaar beveel om nie ’n geluid te maak nie.

“Die verdagtes het twee vuurwapens, juwele en ’n onbekende bedrag geld gebuit. Hulle het met die egpaar se Toyota Hilux-bakkie weggejaag en dit in die dorp gelos.”

Mbambo sê die verdagtes is Maandag in hegtenis geneem nadat die polisie inligting van gemeenskapslede ontvang het. Die gesteelde goedere is teruggekry.

Die verdagtes sal in aanhouding bly totdat hulle weer op 5 Oktober in die hof verskyn. Hulle sal dan om borgtog kan aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Paul

Dit wil voorkom of misdadigers nie bang is om inhegtenis geneem te word nie want die strawwe skrik hulle nie af nie.

Androclus

Hulle gaan borg kry en niks oor kom nie.
Dink net mense van oor die 80 jaar.
Dankie Here hule is veilig.

Baardman

“Vas” in SA beteken dat hy nou vir n kort rukkie n gebalanseerde dieet, slaapplek en baie meer regte sal kry. Boonop sal hy n tydjie saam met sy kriminele eweknie deurbring om nuwe bose planne uit te ruil. Wens die artikel kon lees: “Twee HANG na aanval op bejaardes”