Twee vas ná poolhond se dood

Max

Max

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die voorval in Witrivier, Mpumalanga waar ʼn tweejarige poolhond doodgeslaan is nadat hy glo ʼn bok gebyt het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans is Saterdag in hegtenis geneem op aanklag van opsetlike saakbeskadiging. Mohlala wou nie die twee mans se name bekend maak nie aangesien hulle later vandag in die Witrivier-landdroshof sal verskyn.

Mohlala het wel gesê die twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle aanklagte teen mekaar aanhangig gemaak het. Die mans is op waarskuwing vrygelaat. Maroela Media verneem dit is Marius Kotze, die eienaar van die poolhond Max, en Mildred Spahn, eienaar van die Ilanda-gastehuis, se seun wat in hegtenis geneem is.

Kotze, wat saam met sy vrou en twee kinders op ʼn hoewe in Witrivier woon, het Saterdag aan Maroela Media gesê een van sy werkers het Dinsdag vir hom gevra waar is Max nadat hy ʼn hond hoor tjank het. Volgens Kotze het hy gesien hoe drie mans op Spahn se plot ʼn hond met stokke en pype slaan in ʼn buitegebou. Hy het besef dis Max en die polisie en DBV is ontbied.

Spahn het aan Maroela Media gesê hulle het ʼn paar bokke en ʼn vark op hul hoewe. Sy beweer Kotze se poolhonde het die afgelope paar maande twee bokke doodgebyt en die vark ook aangeval. Max het glo Dinsdag weer een van Spahn se bokke gebyt waarna hy doodgeslaan is. Die bok moes glo van kant gemaak word.

Klik hier vir oorspronklike berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

carel ·

dit is baie hartseer – ek wens iemand maak die barbare teen n paal vas en slaan hulle ook so – die hond is n dier hy volg sy instinkte – het die 2 bure nooit met mekaar oor die probleem gepraat nie?
En die eienaar wat dink jy gaan gebeur as jou hond ander mense skade aandoen? Jy is net so skuldig.

Die barbare wat die hond dood geslaan het is slegte gemors wat nie n gewete het nie hoop julle word swaar gestraf – julle kon maar net die hond verwilder het en by die eienaar en/of SAP gaan kla het.

Vicky ·

Hoekom die hond doodslaan? was daar nie ‘n ander manier gewees nie………..?

anne ·

Barbare!! miskien moet hulle vasgekeer word in ‘n hoek en so geslaan word. Skandelik man!!

anne ·

Dis so hartseer en wreed, arme dier. Wys hierdie mense se gesigte sodat almal kan sien hoe die
barbare lyk wat dit gedoen het. SIES MAN!!

SANDRA MOOLMAN ·

Stuur hulle vir my ek sal hulle uitsort met stokke en pype. Wie gee hulle die reg om dit te doen, lyk my hulle is van daai tipe, hul het dit gedoen omdat Max hul diere gebyt het. hulle moet swaar gestraf word

Elizabeth ·

Ek glo die werkers het op opdrag van werkgewer gereageer. Moenie vir my sê die einaars het NIE vir hulle aangesê om die hond avnkant te maak indien hy daar sou kom nie.So die eintlike skuldiges sal seker loskom want dis mos nie HULLE wat die daad gepleeg het nie! Sover ek weet is poolhonde ook glad nie so aggressief nie, maar ja, indien hierdie hond wel diere doogebyt het kon die eienaars van die gastehuis mos ORDENTLIKE voorsorg getref het om hul plek te beveilig. Ek sal steeds NOOIT daar bly en STEEDS al my kennisse, vriend en familie ook afraai!!

Elizabeth ·

Ekskuus ek bedoel die seun het in opdrag van die eienaar gehandel. Wat se soort “mens” is HY? En verskoon tog typos mense, ek is nog met vakansie!!

Marietjie ·

Maak die naam van die gastehuis bekend en versprei hierdie daad wyd oor sosiale netwerke. Slaan hom waar dit baie seer gaan maak – sy sak. Niks, maar niks regverdig wat hulle gedoen het nie. Gaan kyk maar hoe hy lyk en maak jou eie afleiding – seker maar in die kultuur om soos ‘n barbaar op te tree. Bring hom vir die diereliefhebbers en ons sal hom ‘n hoek vaskeer en met pype slaan. Die bokke was seker aangehou vir een of ander siek, kulturele ritueel ook. Ek is sommer van voor af beneuks – ondersteun die Facebook blad “Justice for Max”.

Asjas ·

Ons moet die naam Ilanda Gastehuis in elke kommentaar noem sodat as iemand dit Google vir verblyf hulle oo hierdie artikels afkom en sien watse tipe mense dit is en hulle hopelik nie ondersteun nie.

Sollie ·

‘n Gastehuis waar ‘n vark en bokke is – seker hierdie stink boerbokke? Of daardie klein Iranese bergbokkies, die goed kan STINK hoor! Dalk nie, maar nogtans, klink vir my na ‘n stinkspul en met sulke wrede eienaars seg ek weereens ek sal NOOIT hulle ondersteun nie. Ga man, wat ‘n spul barbare!

jz ·

MENSE kom reg .wie het nie sy hond opgepas nie, die vee eienaar of die honde eienaar, jammer vir die hond maar my simptie le by die vee wat se lewe net so waardevol is as die hond sin.

Michel van Breda ·

Maar die vee was nie gemartel nie. Elke lewe is kosbaar, maar wreed bly wreed. Diere reageer op instink. Mense het ‘n keuse in hoe hulle ‘n saak hanteer. NIKS regverdig hierdie barbare se gedrag nie

Asjas ·

Stem 100% saam, kon dit self die beter stel nie. As jy vee aan hou en probleme ondervind, gaan praat met die eienaar en sit om die helfte die regte heining om of gaan dan Polisie of DBV toe maar niks regverdig die daak tot daardie vlak nie!! Ilanda Gastehuis het die maklike lafaard uitweg gekies!

Sollie ·

jz – nee wat, wie moet nou waar regkom? Ek dink die “mense” wat hierdie hond doodgeslaan het moet regkom. Moet dit nou nie probeer goedpraat nie! Ek stem, dis hulle plig om te sorg dat hul plek veilig omhein is en klaar. In die vorige berig het hulle kammig met die hond se eienaar gepraat oor die hond en dit het dan nie gehelp nie. Wel dan is dit maar JOU plig ook om te sorg dat jou plek veilig is. Marietjie, mooi so dat daar ‘n facebook blad is. Mens moet wyd en syd van hierdie barbaarse daad verkondig en almal moet daai vieslike plek boikot. BARBARE!

Gerald vd Merwe ·

In my eie bybel se God > Hond daar is jou baas. Baas daar is jou hond.So was dit van die begin af tot nou. Toe ontwikkel die groot liefde tussen Hond die mens. God wou dit so gehad het.
In ruil vir water kos en liefde sal ek jou beskerm met my lewe.
Kan jy jou voorstel n wereld sonder honde? Dankie Vader vir daar pragtige Diere wat kinders Woefies noem. . Amen
Gerald> Pretoria

Mags ·

Ek moet saam met JZ stem, as jy diere wil hê maak seker hulle pla nie ander mense nie, sorg dat jou erf toe is en hulle nie kan rondloop en ‘n nusance vir ander wees nie. Ons het self probleme met honde en katte waar ons bly wat eienaars nie omgee dat die diere rondloop en ander se erf bemors nie en dit is onaanvaarbaar, as jy wil diere aanhou, sorg dat hulle op jou perseel bly.

Sollie ·

Mags, ja dis ook waar,maar dan MAAK JY NIE DIE DIER OP ‘N BARBAARSE MANIER DOOD NIE! Daar is NOOIT verskoning daarvoor nie! NOOIT. Die gastehuiseineaar kon SELF ook maar sorg dat omheining ens reg is sodat die hond nie kon inkom nie. Mens kan NOOIT wreedheid goedpraat nie. NOOIT OOIT!

Asjas ·

Ek het oor Desember gesukkel met ‘n rondloper kat wat in my huis gekom het en ook gemerk het. Dit het vreeslik gestink. Ons het hom verwilder, die vensters waar hy inkom toegemaak en die honde se mandjies geskuif (as hy dan so braaf wil wees), maar martel of doodslaan? NOOIT, EK SAL MET MYSELF KAN SAAMLEEF AS EK SO IETS WREEDS GEDOEN HET NIE!!! Ek voel nog steeds sleg oor die kat wat ek per ongeluk dood gery het 20 jasr terug!!!!

JZ ·

Ek is nog jammer vir die hond daar was seker ander maniere om die saak te besleg,maar dit is vir my heel duidelik dat allmal wat my geantwoord het,geen gevoel het vir die bokke nie en wat hulle voel vere al het daar n honderd stuk vee gesnewel,hul word onder geskik aandie hond geag.ek wens hul kan sien hoe lyk 26 skape verskeur van my ook deur iemand wat nie sy honde kon beheer nie.As ek hulle op daardie oomlik kon kry sou ek my ook dalk te buite gegaan het

Nina ·

Ek het gereeld probleme gehad met bure se honde wat deur my palisade spring, hul toiletdinge in my erf doen, my hond in sy erf kom byt ens. Dis doodmaklik! JY KONTAK DIE D.B.V. en hulle verwyder die rondloperhonde! As jy sukkel met keffers om jou, of aggresiewe honde wat nie in hul erf gehou word nie, kontak jy die munisipaliteit en hulle besoek die eienaar, gee ‘n geskrewe waarskuwing. As daar weer ‘n klag is, kry hulle ‘n boete en dan daarna word hond verwyder!

Dit het ons digby R1000 gekos vir ‘n stuk draad om ons heining nou maar heeltemal toe te maak om ANDER se honde en katte uit te hou.

Jy verwoes en verniel nie ‘n hond met stokke en pype nie. Dis verdomp barbaars! Daar is altyd ander alternatiewe!

Elfie ·

Mooi so Nina – dis presies hoe maklik dit is. Dankie tog vir mense soos jy!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.