Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is ʼn vragmotor Saterdagmiddag by die grenspos deursoek.
Snuffelhonde het alarm gemaak en daar is 141 pakkies Mandrax in versteekte kompartemente gevind. “Daar is beslag gelê op altesaam 1 428 140 tablette ter waarde van R78 547 700.”
Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans, onderskeidelik 42 en 37 jaar oud, is in hegtenis geneem. Die verdagtes is van Tanzanië en Zambië afkomstig.
“Die Valke ondersoek die saak en die verdagtes sal binnekort in die Zeerust-landdroshof verskyn,” het Mokgwabone gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Weereens buitelanders!!!
R55/pil? Ek is in die verkeerde beroep…
Dis baie goed gedaan!Geluk aan die snuffelhonde.Hulle is hul gewig in goud werd vir die narkotika mense.Daai “buitelanders” moet borgtog geweier word want hulle pleeg potensieele moord op duisende mense.Die wet hoord hier gewysig te word dat dwelmsmokkelaars EN smouse sonder die keuse van ‘n boete lewenslank en sonder kans op parool toegesluit moet word.MAAR hul regerings moet die rekening kry vir hul “verblyf”.
Dwelms smokolarei ht di hoogste presetasie bereik.dankbaar is di cops wt so vinnige flink diens doen.
Veritas jy is nou lelik!!!!