Twee vas ná rowers op kitskosplek toeslaan

Twee vermeende rowers is in hegtenis geneem nadat vyf mans Vrydagoggend op die winkelsentrum op die hoek van Cantonmentsweg en Bothalaan in Lyttelton Manor, Centurion, [OPVOLG} toegeslaan het. Foto: Verskaf

[OPVOLG] Kapt. Dave Miller het om 10:35 Vrydagoggend laat weet nog twee verdagtes is aangekeer nadat die polisie hulle tot in Atteridgeville agtervolg het. Hulle het ook van die gesteelde goedere teruggevind. Die laaste verdagte is nog soek.

Vyf gewapende rowers het enkele ure gelede op ʼn kitskosplek in die Lyttelton-winkelsentrum in Centurion toegeslaan, maar danksy die flinke optrede van wetstoepassers is twee verdagtes spoedig in hegtenis geneem.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die Lyttelton-polisiekantoor, sê die vyf rowers het omstreeks 08:30 Vrydag die Chicken Licken op die hoek van Bothalaan en Cantonmentsweg binnegegaan.

“Volgens inligting van speurders op die toneel het die vermeende rowers in een voertuig opgedaag. Hulle het die personeel en bestuurder aangehou terwyl hulle van sewe selfone en ʼn onbekende bedrag kontant beroof is.”

Die Tshwane-metropolisie se misdaadvoorkomingseenheid en SAPD was gou op die toneel en kon daarin slaag om twee van die vermeende rowers aan te keer. Die ander drie het blykbaar te voet op die vlug geslaan nadat die polisie op ʼn wit Toyota Avanza beslag gelê het.

“Ons ondersoek die moontlikheid dat die vyf met ander gewapende rooftogte in die omgewing verbind kan word,” sê Miller. “Intussen soek ons na die drie wat weggekom het en volg leidrade op.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hennie ·

Hoe dom is hulle in Suid Afrika roof jy nie n hoender plek nie.

alida ·

Hennie jou sin vir humor het jou nie in die steek gelaat nie. Dit is dom want die wetstoepassers is die hoederplekke se grootste kliënte. Veral Nando’s !!!

Pieter ·

Baie mooi oor die 2 wat gevang is. Kyk wie kom kuier vir hulle besoek tye in die polisie selle en wie woon die hofsaak by, en “gesels” dan bietjie met die manne.

Andre ·

Die wetstoepassers moes flink opstaan van hulle tafels en hulle arresteer:-)

Piet Pompies ·

Toyota Avanza is nie die regte wegkom voertuig, 77kw 7 sitplek…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.