Twee vas ná skietgeveg met polisie

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn groep gewapende verdagtes losgebrand het op polisiebeamptes wat patrolliewerk in KwaZulu-Natal gedoen het.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Brighton Beach-taakspan het vroeg Woensdagoggend ʼn verdagte motor met vyf insittendes in die KwaMakhuta-gebied genader. Die verdagtes het die polisiebeamptes gewaar en op hulle losgebrand voordat hulle op die vlug geslaan het.

“Polisiebeamptes het die verdagtes se motor agternagesit en ook op hulle losgebrand. Die verdagtes het beheer oor die motor verloor en teen ʼn huis gebots. Drie verdagtes het gevlug terwyl die ander twee deur die polisie aangekeer is,” het Naicker gesê.

“’n 9 mm-pistool en vyf selfone is in die verdagtes se besit gevind. ʼn Saak van poging tot moord en ʼn ongelisensieerde vuurwapen is aanhangig gemaak. Die verdagtes, tussen 18 en 24 jaar oud, sal binnekort in die Mbumbululu-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.