Twee vas ná skietvoorval wat vier wond

Argieffoto

Twee verdagtes is Sondagaand in hegtenis geneem kort nadat vier mense in Bishop Lavis in die Wes-Kaap geskiet en gewond is.

Dié inhegtenisneming volg sowat ʼn week ná ʼn moord in dieselfde area. Dit word beweer dat die verdagtes by albei misdrywe betrokke was.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het drie verdagtes Sondag van die toneel van ʼn skietvoorval in Breamweg, Nooitgedacht, gevlug. Die polisie het twee van die verdagtes by die kruising van Barracuda‑singel en Salmweg vasgetrek.

Die verdagtes, onderskeidelik 31 en 42 jaar oud, is in besit van ʼn vuurwapen gevind waarvan die reeksnommer afgevyl is. Dié vuurwapen kan moontlik een van die verdagtes aan nog ʼn moord sowat ʼn week gelede in die area verbind.

Die twee verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord asook die besit van ʼn onwettige vuurwapen.

Die polisie is steeds op soek na die derde verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VRA MAAR NET ·

Mag ek vra hoekom word slegs die Kleurling woongebiede en areas so ooglopend geteister deur bende geweld. Ek vra myself die vraag oor en oor, maar ek kom nie by ‘n antwoord uit nie. Is daar iemand wat kan help.

Eddy ·

Ek gaan probeer antwoord: Dis moeilik om te antwoord sonder om politiek en geskiedenis in te bring.Een teorie is dat kleurlinge uitgesit was vanuit Distrik Ses en neergegooi was in nuwe plekke soos Manenberg en Hanover Park.Daar het hulle in 3 verdieping woonstelle begin bly.Bonteheuwel dieselfde.Mense het opgeknop gewoon en dit gee aanleiding na allerhande euwels.Mens kan tot n sekere mate die NP regering blameer daarvoor.Goeie voorbeeld is Rasied en Rashaad Staggie wat in Constantia grootgeword het maar met die gedwonge verskuiwings Moes hulle na Manenberg toe trek waar dit n daaglike geveg vir oorlewing geword het.Ander teorie is dat gangsterskap ontstaan het rondom 1925 in die Grassy Park area.(Ook gesê bendes van daai tyd verskil hemelsbreed van vandag se bendes).Vandag ervaar Kleurlinge n nuwe tipe verdrukking deur die swart ANC regering .So daar is n verwerping deurdat Kleurlinge nie werk kry nie en geen politieke erkenning het nie en dit dra by dat Kleurlinge verval in gangsterisme. Maar aan die einde van die dag is dit die keuses wat jy self maak om uit jou omstandighede uit te styg.Ek het grootgeword in die strate van Bishop Lavis ,omring deur straatbendes,maar ek het nie n gangster geword nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.