Twee vas ná Spar-rooftog

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by die Spar in Southcrest, Alberton in Gauteng.

“Altesaam R20 000 is glo uit kasregisters en ʼn kontantkluis by die Spar gesteel,” het Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê. “Die winkelbestuurder het die polisie Woensdagoggend omstreeks 10:45 van die roof in kennis gestel.”

Twee van die sewe diewe het te voet van die toneel gevlug. “Hulle is in ʼn bebosde gebied aangekeer, op pad na City Deep.”

Die polisie het beslag gelê op een vuurwapen en ammunisie. Die vuurwapen se reeksnommer is afgevyl.

“Die twee mans, onderskeidelik 33 en 38 jaar oud, sal binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.”

Die vyf ander verdagtes het in ʼn voertuig gevlug. “Hulle is nog steeds soek,” het hy bygevoeg.

Bron: Mpho Raborife, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Spar sal meer “Spar”-samig moet werk met hulle geld.
Gelukkig die twee ‘voet’-vlugtendes is op pad na City Deep aangekeer en is nou knie-‘deep’ in die sop.

scalla ·

Die 2 runners wat gevang is moet moes hul gabbas ken, laat hulle sing en die ander uitbring

peet ·

Nou wil hulle die wet verander om n wapen te besit 25 jaar maak ,maar dis nie die probleem nie. Ek se hulle moet die straf vir die besit van n ongelisensieerde wapen 25 jaar tronkstraf maak. Want in elke berig van moord, roof, kaping en verkragtings hoor jy as hulle iemand vang het hy n onwetige vuurwapen. As jy so wapen het het jy dit net vir een rede om misdaad te pleeg. So dit sal n goeie begin wees om hulle vroegtydag van die straat af te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.