Twee vas ná Stellenbosch-moord

villa-merwe-gastehuisʼn Man en ʼn vrou is in hegtenis geneem in verband met die moord op Marie Verwey (80) verlede week in Stellenbosch.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 40-jarige man en 33-jarige vrou is omstreeks 04:00 Saterdag in die Paarl in hegtenis geneem. “Hulle sal na verwagting vandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.”

Verwey is Donderdag in die Villa Merwe-gastehuis in Paradyskloof vermoor. Haar liggaam is omstreeks 12:30 gevind. Sy is na bewering verskeie kere met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Verwey was die eienares van die gastehuis.

Van Wyk wou egter geen verdere besonderhede bekend maak rakende die moord of die verdagtes nie. Hy kon onder meer nie bewerings dat die verdagtes ʼn paartjie is, bevestig nie. “Die saak word ondersoek en ons kan daarom geen verdere inligting bekend maak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

dirk L ·

Het vermoed dit was werkers. Dit het net te raar geklink – dit raak toenemend gevaarliker . Die vreesaanjaendste bly egter die grusame manier -hoe ‘n dame van 80, wat met n loopraam oor die weg kom, doodgemaak is.

gerbrandt ·

Jip, welgedaan polisie en speurders!
Trots op julle!!!
Nou moet hulle aangekla word vir moord sonder parool.

cor ·

Die geheim houding dit is seker weer die tuinwerker en huiswerker hoekom nie meer se nie. was die iemand anders was die naam al reeds wyd en suid versprei.

Pietser ·

Het die huiswerker nie die huis verlaat om winkel toe te gaan nie? Die moord is in daai tyd gepleeg. Mmm..heel toevallig

Rina ·

Maroela Media, wat het vandag in die hof gebeur toe die twee verskyn het? Wie is die aangeklaagdes?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.