Twee vas na talle vulstasie-rooftogte

In Kabokweni het ʼn groep van nagenoeg 15 verdagtes ʼn vulstasie binnegestorm en lukraak skote begin afvuur.

Twee verdagtes het in die Middelburg-landdroshof in Mpumalanga verskyn in verband met OTM-bomaanvalle en ander rooftogte.

Teli Elson Moltoha (59) en Sandile Victor Ngcobo (44), ʼn weermaglid, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat twee OTM-bomaanvalle Maandag in Badplaas plaasgevind het. Tydens die inhegtenisnemings is op plofstof en gevlekte geld beslag gelê.

Moltoha en Ngcobo was glo deel van ʼn groep van ses verdagtes wat ʼn vulstasie in Badplaas binnegestorm en ʼn vuurwapen op ʼn veiligheidswag gerig het. Hulle het glo gedreig om hom aan die brand te steek waarna twee OTM’s met plofstof oopgeskiet is en die verdagtes met ʼn onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan het. Moltoha en Ngcobo moet op 5 Augustus weer in die hof verskyn; die soektog na die ander verdagtes duur voort.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het swaar gewapende groepe die afgelope week ook vulstasies in Mmametlhake en Kabokweni beroof.

In Kabokweni het ʼn groep van nagenoeg 15 verdagtes ʼn vulstasie binnegestorm en lukraak skote begin afvuur. Kluise in die vulstasie is met plofstof oopgeskiet waarna die verdagtes met ʼn onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan het. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Minstens drie gewapende verdagtes was betrokke by die vulstasie-rooftog in Mmametlhake waartydens twee OTM’s met plofstof oopgeskiet is. Ook hier is met ʼn onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan. ʼn Veiligheidswag by die vulstasie is beseer tydens die rooftog en die polisie het ook ʼn saak van poging tot moord aanhangig gemaak. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
LANA is ELANè

Die hel is ‘n plek op die aarde❗❗

JohanR

En die plofstof om OTM’s en transito waens op te blaas, kom deur Beitbrug in ‘n lyks kus gelaai. Ook altyd ‘n weermaglid of polisielid iewers betrokke.

Mariana

Ja nee, Suid-Afrika is die kriminele “hotspot” van die wêreld. Dis meer betalend om krimineel te wees as om te werk vir jou geld.

Ansie

Alles verniet – kan niks met gevlekte geld doen nie. Sit maar lekker – as jy wil misdaad pleeg moet jy maar jou straf vat!

Adeline

Google “Black Panter RZA” Ek kyk wat julle kry… Het vir zuma gevra waarom laat hy hulle toe in ons land om moord en haat te kom saai? Nooit ‘n antwoord gekry nie. Hierdie is moontlik georganiseerde misdaad wat deur hulle gedoen word – deur die voos vrot kriminele anc regering gehuur vanaf America. Vermoed ook dat hulle vir 90% van ons plaas moorde verantwoordelik is – daarom die stilswye vanaf anc se kant af.. so ek wonner en vra baie vrae – kry maar min antwoorde.