Twee vas ná transitorooftog; polisie lê beslag op aanvalsgewere

Die polisie het beslag gelê op kontant en aanvalsgewere (Foto: Verskaf)

Die polisie in Rakgoadi in Limpopo het Vrydag twee verdagtes in hegtenis geneem wat verbind kan word met verskeie transitorooftogte in die provinsie, insluitend Donderdag se transitorooftog naby die Letebejane-nedersetting in dié provinsie.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê een van die verdagtes is ʼn voortvlugtige misdadiger wat met verskeie misdade in die provinsie verbind word.

Ngoepe sê die mans is by ʼn huis in die Moteti-nedersetting buite Groblersdal vasgetrek.

Volgens hom het die polisie beslag gelê op ʼn voertuig, ʼn R4-aanvalsgeweer, ʼn handwapen en meer as R200 000 in kontant. Sommige van dié note is glo tydens die rooftogte beskadig.

Die polisie het ook kort ná die rooftog beslag gelê op een R4-geweer met patrone en twee magasyne, ʼn AK-47 met patrone en ʼn magasyn, en ʼn swart Volvo.

Die polisie het beslag gelê op kontant en aanvalsgewere (Foto: Verskaf)

Volgens Ngoepe word die twee verdagtes verbind met transitorooftogte in Mankweng, Seshego, Polokwane, Tzaneen en Motetema.

Maroela Media het vroeër berig die verdagtes het op die transitovoertuig losgebrand totdat die voertuig van die pad af getrek het. Hulle het daarna daarin geslaag om die veiligheidswa met ʼn ploftoestel oop te blaas, maar kon nie daarin slaag om die geld te steel voor hulle van die toneel gevlug het nie.

Die polisie is na die toneel ontbied en het blitsig gereageer en langs die pad die verdagtes se voertuie opgemerk. Die insittendes het koeëlvaste baadjies gedra en het op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggeskiet totdat die verdagtes weggejaag en verdwyn het.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het gesê misdadigers moet gewaarsku wees dat die polisie dag en nag sal werk om skuldiges vas te trek.

Nog inhegtenisnemings sal glo binnekort volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dafer ·

Ja wel! Dit raak weer verkiesingstyd. Ek aanvaar dat die polisie optree omdat die vermeende oortreders in kompetisie is met die fondsinsamelings projek van die ANC.

ontevrede leser ·

polisie – goed gedoen. wees gewaarsku rowers, wens net julle kan hier lees en sien die polisie slaap nie

Alida ·

Wat het van die bestuurder van die wa geword en waar kry die skelms daai wapens en die koeelvaste baadjies. Miskien moet die wat gevang word verplig word om te sing.

Piet ·

Fantasties !! Klink soos in die “ou dae” , toe misdadigers meedoonloos gejag is en arrestasies in die tipe misdaad hoog was. Well done manne !

LV ·

Daardie pistool is darem al erg verweerd,seker by baie misdade gebruik.

Arend ·

Seën vir jule al di eerlike polisie manne wat ook daat werklike optree & geregtigheid laat geskied soos dit behoort te wees..mag Hy jule bewaar in di gevaarlike werk omstandigheid teen di euwels..!!

jammer om te sê ·

lyk of die polisie oral vordering maak en booswigte vang. BEHALWE DIE PLAASMOORDE EN AANVALLE? KAN IEMAND MINISTER CELE VRA OM OP TE KLAAR?

Vermeemde ·

En nou wil ek die stelling maak, as die staat nie sy wapens in sy kluise met sy regulasies veilig buit beryk van misdadigers kan hou nie, hoe kan hy dit dan van die publiek verwag.

Waar kom hulle aan daai wapens, dit moet immers uit n kluis uit ge-book word.

Michael ·

Ai!!! die borgtog sal seker met die geld betaal word en more gaan hulle voort met die rooftogte en die wat nog nie gevang is nie kom haal hulle sommar by die hof en hule begin dadilk weer om te roof. Geen wonder die skurke baljaar so lekker in ZA nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.