Twee vas ná Tulbagh-plaasmoord

Martin Louw. Foto: Via Facebook

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met verlede week se plaasmoord in Tulbagh in die Wes-Kaap.

Martin Louw, ʼn bekende boer en plaasbestuurder, is Woensdagaand op ʼn plaas vermoor in ʼn tweede plaasaanval wat dié provinsie op een dag getref het. Louw (59) is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes is Maandag in hegtenis geneem. “Die vermoedelike moordwapen is gevind en daar is ook beslag gelê op die vuurwapen en ander huishoudelike items wat tydens die voorval gesteel is.”

Volgens Traut sal die verdagtes, onderskeidelik 23 en 33 jaar oud, Donderdag in die Tulbagh-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Louw is glo op die plaas ingewag. Sy vrou was nie tydens die aanval by die huis nie.

“Ernstige en gewelddadige misdade is ʼn topprioriteit vir die Wes-Kaap en ondersoekers sal alles in hul vermoë doen om seker te maak oortreders word vasgetrek,” het Traut gesê.

ʼn 62-jarige vrou is vroeër Woensdag op ʼn plaas in die Moorreesburg-omgewing in die Wes-Kaap aangeval. Maroela Media het berig die slagoffer is in die oggend deur twee onbekende mans oorval en gedreig voordat die aanvallers met huishoudelike ware van die toneel gevlug het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Belaglik ·

Vandag VAS more LOS, julle vertel nie meer vir ons stories nie .. ons weet die moordenaars kom niks oor nie .. hulle spin ‘n liegstorie en los is hulle met die beste advokate en prokureurs wat blankes nie eers kan bekostig nie . Kry eerstens borg en dan daarna verdwyn hulle en niemand volg ooit weer die saak op nie want dit is maar net ‘nog ‘n boer’ wat dood is . Siestog die 23jarige is nou seker weer ‘n TIENER wat moeilik grootgeword het en gaan nou ‘n beurs kry om ERENS in SA verniet REGTE te studeer.

Charlie ·

Ag vas dit se niks , hoeveel van die plaas aanvallers loop vry na n lang useless ondersoek van die SAPS , hulle word aangese duer hulle anc baase om nie die ondersoek duer te trek nie

Gestremde ·

In plaas van kommentaar lewer moet die mense eerder met Agrinet / Afriforum / SA Lanbou, ens. reël om ‘n petisie op te trek dat die persone nie borg mag kry nie. Hoop ook van harte dat al die boere en plaaslike inwoners by die hof gaan wees.

Innige simpatie met die familie en ook vir die werkers wat heel moontlik nie meer ‘n inkomste of verblyf gaan hê nie.

Capiche ·

Ons behoort klaar aan hulle nou het ons tyd om KOMMENTAAR te lewer. Gaan jy daar wees?

Theresa ·

Hoop die moordenaars word gevonnis vir lang jare tronkstraf iets soos 50 jaar elk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.