Twee vas ná veiligheidswag se skietdood

Argieffoto: ER24

Twee jong verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn 53-jarige veiligheidswag Woensdagmiddag in Stellenbosch doodgeskiet is.

Ao. Joseph Swartbooi, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 15:15 in Lintonweg in Plankenberg in die Kayamandi-omgewing gebeur. Swartbooi wou nie besonderhede oor die presiese gebeure bekendmaak nie en het gesê dit vorm deel van die polisie se ondersoek.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici is gistermiddag net voor 16:00 na die toneel ontbied en het by hul aankoms gevind dat brandweerbeamptes reeds besig was om mond-tot-mond-asemhaling op die slagoffer toe te pas waar hy in die pad gelê het.

“Die man het skietwonde aan sy liggaam opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. ER24-paramedici het die kardiopulmonêre resussitasie oorgeneem. Die man het egter kort daarna aan sy wonde beswyk,” sê Van Huyssteen.

Volgens Swartbooi is twee verdagtes, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, later in hegtenis geneem. Daar is ook op ʼn vuurwapen beslag gelê.

Die verdagtes sal binnekort op aanklag van moord in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Wat moet aangaan in ‘n 17 en 18 jarige se kop om op so jong ouderdom al moord te pleeg? Wonder of dit hul eerste moord is? Of was daar al ander?

Ek wens ek kon die morele reset knoppie van Suid-Afrika druk.

Cherokee ·

Een van my werkers se 32jarige seun is Saterdagaand vermoor. Het hom verlof gegee om dinge uit te sorteer. Hy het gister vir my ‘n foto gewys op sy selfoon, van die moordenaar. Volgens die foto is hy ook jonk.

Andre ·

As ons die morele “reset” knoppie kon druk, verdwyn die ANC en EFF. Poof!

Geregtigheid ·

Moord kan nie tronkstraf reg gemaak word nie. Die doodstraf moet weer ingestel word. Dinge raak nou heeltemal uit beheer uit.

Magda Grundling ·

Bring die doodstraf terug. Moord begin oorneem op onskuldige mense.

toy ·

Kan die klomp boewe nie ook so vinnig inhegtenis geneem word vir die plaasaanvalle nie. Mens is al siek vir al die misdaad dit het hand uitgeruk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.