Twee vas ná Vrystaat-dubbelmoord

Gabriel Daniel Bruwer en sy vrou, Marian. Foto: Verskaf

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Gabriel Daniel Bruwer (78) en sy vrou, Marian (67), wat vandeesweek op teregstellingswyse op hul plaas buite die Vrystaatse dorpie, Vanstadensrus, geskiet is.

Sers. Mosili Ntsika, polisiewoordvoerder, het Sondag aan Maroela Media gesê die twee verdagtes, 20 en 26 jaar oud, is Saterdag onderskeidelik in die Kanana-nedersetting in Wepener en Gaba Square in Vanstadensrus in hegtenis geneem.

“Ses vuurwapens en ander gesteelde ware is ook by ʼn huis in Wepener gevind en op beslag gesê,” het Ntsika gesê.

Ntsika het gesê sedert die Bruwer-egpaar se liggame Dinsdagoggend in hul plaashuis aangetref is, het ʼn span speurders onverpoos gewerk om die dubbelmoord te ondersoek. Die speurders is konst. Mosala Mositoane van die Vanstadensrus-speurtak, konst. Zanempi Ntuli van die Wepener-speurtak en AO Koos Motapane van die Vispol-triotaakspan in Wepener.

Die verdagtes moet binnekort in die Wepener-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, huisbraak, diefstal, motordiefstal en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes geloof vir hul harde werk en toewyding.

Maroela Media het vroeër berig die Bruwer-egpaar was met komberse toegegooi toe hul liggame, vasgebind aan stoele, in hul slaapkamer aangetref is.

Verskeie vuurwapens waarop die polisie beslag gelê het by ‘n huis in Wepener. Foto: Verskaf

Gerhardus Jacobus Bruwer (48), Gabriel se enigste kind en ʼn boer van Zastron, het aan Maroela Media gesê sy pa en stiefma was met ʼn elektriese koord om hul lywe en uiesakkies aan hul hande aan die stoele vasgebind voordat komberse oor hulle gegooi en albei agter hul ore geskiet is. ʼn Kussing is as knaldemper gebruik alvorens sowel Gabriel as Marian geskiet is.

“My pa se buurman het hulle Maandagmiddag die laaste keer gesien toe my pa-hulle oudergewoonte die plaaswerkers in die dorp, sowat 5 km van die plaas af, gaan aflaai het,” het Bruwer gesê.

ʼn Onbekende aantal aanvallers het vermoedelik toegang tot die huis verkry deur ʼn venster se diefwering oop te dwing. Die veiligheidshek in die huis is ook oopgedwing. Daar word nog ondersoek of die egpaar by hul huis ingewag is en of hulle deur die loop van Maandagaand oorval is.

Die egpaar se huishulp het Dinsdagoggend hulp ontbied toe sy nie by die huis kon inkom nie.

ʼn Buurman, ʼn polisiebeampte en twee AfriForum-buurtwaglede moes die deure oopskop, waarna Gabriel en Marian se liggame aangetref is.

Die aanvallers het met die egpaar se voertuig, ʼn silwer Chevrolet Spark, op die vlug geslaan. Hulle het vuurwapens, ʼn onbekende bedrag geld wat in die kluis was en die slagoffers se selfone gesteel. Die voertuig is Dinsdag omstreeks 20:00 by die sportterrein in Wepener, naby die grens van Lesotho, verlate gevind.

Gabriel het op die plaas waar hy vermoor is, grootgeword. Hy het tot onlangs nog met lusern, skape en beeste geboer. Sy vrou, Pietie, is ses jaar gelede oorlede, waarna hy Marian, oorspronklik van Cradock, ontmoet het. Hulle is twee jaar gelede getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Snowball ·

Daai speurders is vandag my helde! Uitstekende werk! Dalk moet daar ‘n fonds begin word wat suksesvolle speurwerk by plaasaanvalle soos dié, vanuit die privaatsektor beloon!

Aksie ·

Wat eerder moet gebeur, is dat ‘n plan van aksie so gou as moontlik in plek moet kom om te verhoed dat plaasmoorde/-aanvalle in die eerste plek plaasvind.

Marius Viviers ·

Welgedaan aan die speurders. Sterkte aan familie en vriende.

Speedguard ·

Stem saam Snowball, daar is inderdaad nog mense by die SAPS ‘n passie vir hul werk het en dit doen , alles moet nou net stelselmatig gedoen word sodat dit ook ‘n suksesvolle uitkoms kan wees in ons howe !!

Willem ·

Maak een van hierdie twee eerder president, Pamaphoesa is dit nie werd nie.

Pierre ·

Al hoe ons sulke dinge gaan kan keer is as die vf plus ‘n tuisland vir ons kan organiseer

Databasis ·

Sal iemand asseblief ‘n databasis van alle moorde begin, met fotos wat die wereld kan sien.

Grassie ·

Baie geluk aan daardie speurders vir die puik werk wat hulle gelewer het. Daar is nog heelwat goeie polisiemanne in die polisie oor. Die probleem is net dat die vrot appels in daardie werk se optredes gereeld die nuusmedia haal terwyl die goeies wat hul werk stilweg doen se weksaamhede ongemerk verbygaan.

White Rhino ·

Ek lees vandag op RT news..Russian tv hoe alles mooi uiteen gesit word oor wat hier aangaan.Ek is bly hulle raak ook bewus van ons situasie.

AmY ·

Dit moet verskriklik wees om jou ouers op só ‘n gewelddadige manier te moet verloor.

Wouter ·

Al die plaasmoorde en witmens moorde het n baie hoë opbrengs aan boedelbelasting. Wie gee die bevele vir dit? Baie sterkte aan die familie en vriende en wel gedaan SAPD.

Ek is sleg ·

Ek as belastingbetaler is te sleg om die regering aan te vat omdat hulle ons so op mors, al het ek as belastingbetaler mag om die regering verantwoordbaar te hou.

Jaco ·

Baie geluk lede van SAPD. Ek stem saam met ‘n baie goeie beloning vir die lede. Sterkte aan die familie.

Nikita ·

Wel gedaan SAPD se speurders vir julle goeie werk……hou asseblief so aan. Hoop julle kollegas leer by julle. Mooi so!

Mrs H ·

Ek wonder wat ek vir my klein ki dertjies eendag gaan se wanneer hulle my vra hoekom ons niks gedoen het toe al hierdie dinge plaasgevind het nie, want nou sit hulle(in hulle toekoms) met dinge wat gn mens kan beheer nie en hulle gaan ons blameer, soos ons nou vir FW de Klerk blameer en ook niks gedoen toe ons wel n weermag en effektiewe polisie gehad het.

Mrs H ·

Sou ons wel selfbeskikking implimenteer, moet ons polisie lede soos in hierdie berig, indiens neem. Hel, hoekom kan ons nie n privaat polisie mag stig nie? Wat het van Oom Kalahari geword..ek mis sy kommentare!

Wim ·

Goeie werk deur die lede. Wens die passie en toeweiding kan by al die Sapd lede oorgedra word. Daars min van hulle oor.

Al ·

Welgedaan aan die betrokke speurders. Ons nasie is trots op julle.

Nellie Steyn, Kusweg 66, STRAND! ·

Die MOORDE is so skokkend en hartseer dat ek net nie die regte woorde het om myself uit te druk nie! Al wat ek vra, ASB, bring doodstraf terug; ons kan nie so aangaan nie!

Swartgallig ·

Stem saam met uitstekende werk deur die ondersoek beamptes.Vraag is net,wat gaan in die hof gebeur? Die “arme beskuldigdes” gaan aanvoer die oorledenes het hulle swak behandel,nie betaal nie of die K-woord genoem en siedaar,uit is hulle op borgtog of erger nog,eie verantwoordellikheid.Ek wonder maar net…..

Pottie ·

Ek stem 100% saam. Welgedaan aan die sapd Lede vir hul onbaatsugtige en goeie werk. Ek wil egter n beroep doen aan almal om moeite the doen en n brief van waardering aan hierdie lede se bevelvoeder of dalk hoêr op te stuur. Sulke lede moet inderdaad erkening ontvang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.